16 Februarie 2008    
Wolwengat  
   
 

Ek, Ursula en die kinders het vanoggend vroeg van Hermanus af deurgery om vir my Pa en Tannie Cora op die plaas by Wolwengat in die Overberg te gaan kuier. Oppad soontoe het ek vir die eerste keer in baie jare weer 'n Gewone Padlopertjie gesien en my eerste fotos van een geneem. Ons het almal lekker die oggend saam gekuier en die middag lekker geeŽt en na ete het ek vinnig 'n draaitjie gaan stap en gekyk of ek iets kon kry wat die moeitewerd was om af te neem. Daar was ongelukkig net die donker vlieevangers wat ek die vorige kere ook daar gekry het. Maar toe sien ek toe 'n roofvoŽl op 'n afstand, wat ek nie kon uitken nie. Ek kon darrem so paar slegte fotos neem voor dit in die verte verdwyn het. 'n Paar minute later het dit weer vir 'n oomblik opgeduik en kon ek nog 'n foto neem, voordat dit agter die bome verdwyn het. Die volgende dag was ons terug in Durbanville en het ek 'n edelvalk gekry, waaroor ek so opgewonde was, dat ek skoon vergeet het om weer na die fotos van my onbekende roofvoŽl te kyk. Ek het heeltemal vergeet van die fotos totdat ek op 17April 2008 besluit het om my PC se hardekyf bietjie skoner te maak. Die oomblik toe ek die fotos weer sien het ek onmiddelik geweet dat dit dieselfde voŽl was wat Johann op 29 Maart 2008 op dieselfde plek gekry het en wat Trevor klaar vir hom geidentifiseer het as 'n "Bruin Slangarend" , wat 'n skaars spesie is vir Weskaap. Ek het vandag op 17April eers hierdie Blog geskryf en sal nie sommer weer vergeet om my fotos op te volg en uit te vind wat dit is nie.

     
     
Gewone Padlopertjie Gewone Padlopertjie Grysrugtinktinkie
     
Bruin Slangarend Bruin Slangarend Bruin Slangarend
     
Donker VlieŽvanger Donker VlieŽvanger Donker VlieŽvanger