9 Maart 2008    
Durbanville Area - 9 Maart 2008  
   
 

Ek het vanoggend laat en weer vanmiddag laat so 'n draai gaan ry op die agter paaie van Durbanville na Wellington en na klipheuwel se kant toe. Ek het vanoggend 'n Landery-klopkloppie bygekry as 'n lifer. Dit was een van daardie voŽls wat ek al baie op 'n afstand gesien het, maar nog nooit kon bevestig het met 'n foto nie. Trevor Hardaker het darem soos oudergewoonte die bevestiging gemaak. Laat vanmiddag het ek weer vir so 'n uur saam met die kinders 'n entjie gaan ry met die hoop om 'n speg te sien. Ek het geen speg gekry nie, maar ek het wel 'n arend, vÍr agter 'n klomp uitheemse bome, met my vÍrkyker opgetel en met 'n gesukkel met die kamera tussen al die bome deur, 'n paar fotos gekry. Ek het onmiddelik die vere op die bene opgemerk en die fotos ook vir Trevor gestuur om vir my te bevestig of dit 'n DwergArend is. Trevor het bevestig dat dit wel 'n DwergArend is, wat beteken dat ek my eerste twee lifers vir die jaar gekry het en dit op een dag en so naby aan die huis! Wys jou nou net!

     
     
Landery Klopkloppie BloukraanvoŽl Swartkopreier
     
Europese Spreeu Karoolangstertjie Suidelike Rooivink
     
Vleitinktinkie Gewone mossie Tuinduif
     
     
Veereier DwergArend DwergArend
     
Kaapse Wewer Kaapse Tiptol Geelkanarie
     
Kaapse Kanarie Blouvalk Kleinwitreier