23 Maart 2008    
Hemel&Aarde - Hermanus  
   
Grootstreepswaels - Hemel-en-Aarde
 

Mario en Anneke en klein Lisa het die naweek by my en Ursula en die kinders by ons vakansiehuis in Hemel en Aarde gekuier. Ek en Mario het vanmiddag gaan soek vir SwartSaagvlerkswaels. Mario het omtrent baie moeite gedoen om sy bakkie in die middel van 'n veld te parkeer, om sodoende so na as moontlik aan die vliegbaan te wees van die Saagvlerkswaels. Na 'n uur of twee se gesukkel het ek 'n baie swak foto gekry, maar ek is tevrede om dit te gebruik om die Swartsaagvlerkswael op te sit as 'n nuwe lifer vir my. Mario weet ook nou hoe die swael lyk. Die Saagvlerkswaels verkies eerder om laag tussen die bosse te vlieg, wat dit uiters moeilik maak om 'n foto van die swael te kry. Die feit dat die swael donker is en teen die donker agtergrond van die bome en bosse vlieg, maak die foto afnemery ook nie veel makliker nie. Ek het Donderdagaand goeie nuus by Trevor ook gekry, toe hy vir my 'n Gestreepte Wipstert, wat ek verlede jaar in die KrugerWiltuin geneem het, bevestig het as 'n nuwe lifer vir my. Watter lekker manier om 'n lang naweek mee te begin!

     
     
Donker Vlieevanger Swartkopreier WitkruisSwael
     
SwartSaagvlerkswael Grootstreepswael Hadeda