30 Maart 2008    
Durbanville Plaaspaaie - Occultdale Rd  
   
Plaaspaaie net buite Durbanville
 

My dag het vandag op 'n hartseer noot begin toe ek gehoor het dat Ursula se "Tannie Maureen" vanoggend oorlede is na 'n kort siekbed. Ons dink aan haar en haar geliefdes. Ek het die hartseer nuus gehoor terwyl ek vanoggend vir my naweek uitstappie op Durbanville se plaaspaaie besig was om voels te kyk. Ek beperk nou my naweek uitstappies tot 40km en net een uitstappie per naweek en nog steeds kry ek dit reg om steeds nuwe lifers by te kry. Ek het vanoggend 'n nuwe grondpad ontdek net buite Durbanville en die nuwe pad het my 'n nuwe lifer besorg in die vorm van 'n grysruglewerik. Wys jou net dat dit help om nie moed op te gee nie en dat 'n kort entjie se ry nog steeds beter is as om by die huis te sit. Ek het ongelukkig eers na my uitstappie agter gekom dat my kamera se ISO op 200 gestel was en daarom dat die fotos so swak uigekom het, afgesien van 'n lekker warm 30grade celsius oggend.

     
     
Swartkopreier Witkeelswael Kaapse Wewer
     
Fiskaal Laksman Huismossie Grysruglewerik
     
Witborskraai Rooikoplewerik HoŽveldse Skaapwagter
     
OranjekeelKalkoentjie Dikbeklewerik Vleitinktinkie
     
Kransvalk Afrikaanse Oewerswael Gestreepte muis