5 April 2008    
Durbanville - Occultdale Rd  
   
 

Ek het vanoggend vir Mario uitgenooi om my te ontmoet by die grondpad, net buite Durbanville, wat ek verlede week verken het. Ek het gehoop om beter fotos van 'n grysruglewerik te kry en om vir Mario so paar lifers te wys, omdat Mario nou net begin voŽls kyk het. Die grondpad was heelwat bedrywiger as verlede week en ek moes maar geduldig sit ek toekyk hoe die groot vragmotors wat verby jaag my kar vol stof en klippe gooi. Ek het so rukkie alleen gesit en 'n paar rooikoplewerikke dophou, terwyl ek vir Mario gewag het. Mario het so rukkie daarna opgedaag met sy bakkkie en ons het saam gesit en kyk na twee skape wat lam, wat vir ons alby 'n eerste was om te sien. Ons het daarna saam uit sy bakkie gesit en lewerikke afneem wat kom water drink het. Ek het 'n hele klomp goeie fotos gekry van rooikop- ,grysrug- en dikbek- lewerikke. Ons het daarna so paar swaels afgeneem en toe is ons huistoe. Alhoewel ek geen lifers bygekry het nie, is ek tevrede met die klomp lewerikke wat ek van naby kon afneem. Ek sal seker een of ander tyd vir my 'n bakkie moet kry :-)

     
     
Grysruglewerik mannetjie Grysruglewerik mannetjie Grysruglewerik mannetjie
     
Grysruglewerik wyfie Grysruglewerik wyfie Grysruglewerik wyfie
     
Rooikoplewerik Rooikoplewerik Rooikoplewerik
     
Dikbeklewerik Dikbeklewerik Dikbeklewerik
     
HoŽveldse Skaapwagter Suidelike Rooivink Gewone Kwikkie
     
Fiskaal Laksman Europese Swael Grootstreepswael
     
Kransvalk Gewone Bontrokkie Oranjekeelkalkoentjie
     
Skaap wat lam Skaap wat lam Skaap wat lam
     
     
   
  Happy Birthday!