6 April 2008    
Hermanus - Vermont dam  
   
 

Ek, Ursula en die kinders is vanoggend Hermanus toe om Ursula se medikasie daar te gaan optel en dit het my darrem die geleentheid gebied om vir so halfuur by die Vermont dam te gaan sit om te kyk of daar enige iets was om af te neem, voor dit begin te reŽn. Die dam se watervlak was heelwat laer as wat dit was die vorige keer toe ek daar was. Ek het die groot flaminke gesien, wat Johann my van vertel het asook ook 'n paar driebandstrandkiewiete, maar verder niks gesien wat ek nog nie voorheen daar gekry het nie. Ek was nie lank daar, voordat dit begin reŽn het nie. So daar was niks nuuts vir die dag nie en ook nie vir die naweek nie.

     
     
Kransduif Kolgans BloukraanvoŽl
     
Hartlaubse meeu Groot Flaminke Witbors duiker
     
Geelbekeend Teeleend SkoorsteenveŽr
     
Onvolwasse Swartrugmeeu Bont kiewiet Driebandstrandkiewiet
     
Onvolwasse RooipootElsie RooipootElsie Swartrugmeeu