12 April 2008    
Koeberg  
   
 

Ek het vanoggend, vir 'n afwisseling van die Durbanville plaaspaaie, besluit om Koeberg toe te ry. Ek het niks besonders daar gesien nie, behalwe 'n Springbok ram wat tussen die bossies tevoorskyn gekom het, terwyl ek besig was om swaels af te neem. Ek sal volgende keer gedurende die week soontoe moet gaan, omdat die hek, wat lei na die reservaat, oor naweke gesluit is. Ek is darrem altyd bly as die voŽls so bietjie langer stil sit vir 'n beter foto :-)

     

     
Kaapse Tiptol Kaapse Fisant WitkruismuisvoŽl
     
Gewone Janfrederik Klein-rooibandsuikerbekkie Geelkanarie
     
Jangroentjie Springbokram Grootstreepswael
     


Ek het oppad terug Durbanville toe langs 'n klein dammetjie gestop, maar ook niks gesien om oor opgewonde te raak nie.

     
Blouvalk Bontkiewiet Bleshoender
     
Driebandstrandkiewiet SkoorsteenvieŽr RooiborsjakkalsvoŽl