13 April 2008    
Durbanville - by die huis  
   
 

Ek het vandag by die huis gebly. Ek het vanoggend 'n Europese Windswael bygekry as 'n lifer, toe ek 'n klomp windswaels vanuit my agterplaas afgeneem het. Vanmiddag het ek 'n Kleinrooibandsuikerbekkie gehoor en dit sommer uit die kombuis uit afgeneem. Ek het toe laat vanmiddag 'n witkeelkanarie afgeneem, wat op my agterste tuinmuur bokant my kop kom sit het, toe ek besig was om die kinders af te neem. Dis die eerste keer dat ek 'n witkeelkanarie hier by my huis sien. Nie sleg vir 'n dag by die huis nie:-)

     

     
Europese Spreeu Gewone Kwikkie Witkeelkanarie
     
Kaapse Tiptol Grootringduif Kleinrooibandsuikerbekkie
     
Kleinwindswael Witkruiswindswael Witpenswindswael
     
Europese windswael Europese windswael Europese windswael
     
Witborskraai Kaapse Glasogie Fiskaal Laksman