29 April 2008    
Tygerberg Natuur Reservaat  
   
 

Ek het vanoggend die kinders by die skool afgelaai en toe 'n draai gaan maak by die Tygerberg Natuur Reservaat. Ek was baie lanklaas daar en daar was gedeeltes van die reservaat wat ek nog nooit verken het nie. Ek het 'n Swerfvalk en 'n paar ander spesies daar gesien, wat ek nog nie voorheen daar gesien het nie, maar dan weer was ek nog nie baie daar nie. Ek het ook 'n roofvoël gesien wat baie na aan 'n Rooibors Sperwer vir my op die foto lyk. Ek gaan more oggend weer soontoe.

     

     
Rooiborsjakkalsvoël Swerfvalk Kaapse Suikervoël
     
Grysrugtinktinkie Rooibors Sperwer Fiskaal Laksman
     
Olyflyster Witkruismuisvoël Kaapse glasogie
     
Witborsduiker Hadeda Kaapse Tiptol
     
Kaapse Fisant Slangverklikker Kaapse Kanarie
     
Kransduif Rooiborsjakkalsvoël Rooiborsduifie