3 Mei 2008    
Tygerberg Natuur Reservaat  
   
 

Ek het so 1:30 vanmiddag besluit om weer Tygerberg Reservaat toe te gaan om die laaste gedeelte van die reservaat, wat ek nog nie die week verken het nie, te gaan stap. Die wind het sterk gewaai en ek het gehoop om al die roofvoels in die lug te sien. Ek het so 14:15 daar aangekom en opgestap na die kruin toe en het toe die voetslaanpad op die westekant begin stap. Die voetslaan pad kronkel na nie noorde-kant van die reservaat en dis op die pad wat ek weer die Rooiborssperwer vandag gesien het. Ek het hom op twee geleenthede vanmiddag gesien, maar kon weereens nie goeie fotos neem nie as gevolg van die oortrokke weersomstandighede. Ek het ook twee pare RooiborsjakkalsvoŽls tergelyke tyd gesien, asook 'n paar Withalskraaie en ook die normale Witborskraaie wat soos gewoonlik alles wegjaag wat in hulle pad kom. Toe ek bo op die kruin aankom het ek 'n Swerfvalk gesien, maar dit het geduik, voor ek 'n foto kon kry. Ek het toe weer 'n onvolwasse Swerfvalk in 'n denneboom gekry net onder die kruin. Ek het by die piekniek area weer die twee Withalskraaie gesien wat vroeŽr die dag verby my gevlieg het. Dis die eerste keer dat ek Withalskraaie in Tygerberg sien. Die twee Withalskraaie het gesinkroniseerd saam gesweef en toe het hulle mekaar by die kloue beet gevat en ek kon darrem 'n foto ingekry. As die lig beter was sou dit seker beter fotos gewees het, maar dit was baie laat in die middag en dit wou net begin reŽn. Daar is nog 'n klein stukkie van die mees noorde-kant van die reservaat wat ek nou nog nie gestap het nie, maar ek dink dis nou eers genoeg se stap vir een week. My bene was omtrent seer van al die styl opdraendes en afdraendes die week in die reservaat :-)

     

     
Rooiborssperwer RooiborsjakkalsvoŽl onvolwasse Swerfvalk
     
RooiborsSperwer Tarentale Bontebok
     
Withalskraai Withalskraaie Withalskraaie