24 Mei 2008    
Onrus Lagoon - Hermanus  
   
 

Ek, Ursula en die kinders is Vrydag na werk Hermanus toe met die doel om Saterdagoggend vroeg vir die dag by my Pa op die plaas deur te bring, maar Melissa het Vrydagaand 'n seer keel ontwikkel en Saterdagoggend was haar keel omtrent toegetrek en moes ek vroeg Saterdagoggend 'n oop apteek in Hermanus gaan soek om medisyne te kry. Ons het toe maar besluit dat dit beter sou wees om in Hermanus te bly vir die naweek, sodat Melissa nie nog sieker word nie. Ek het die grootste gedeelte van die dag gebruik om skoon te maak om die huis, na die stormwinde wat in Hermanus gewaai het die afgelope ruk. Ek het Saterdagmiddag laat net mooi genoeg gehad van al die werk en na Johann toe gegaan en gevra of hy nie 'n entjie wou gaan ry nie. Johann het vir my verduidelik hoe om by Onrus Lagoon uit te kom en ons het die laaste uur van daglig daar tussen die riete deurgebring. Ons het net die doodgewone dambesoekers daar gesien. Ek het darem weer 'n foto van 'n Kaapse rietsanger gekry. Johann het my geroep om 'n rooiwangmuisvoŽl te kom afneem, wat in 'n boom naby hom kom sit het, maar ek was te laat om dit te sien en hy was te laat vir 'n foto, maar dis goed om te weet dat hulle daar is. Toe dit al sterk skemer was, het Johann my gewys hoe dit by die mond van die lagoon lyk, waar dit by die see aansluit. Ons het in die laaste bietjie lig 'n paar waterdikkoppe naby die mond van die lagoon gesien, maar dit was reeds te laat om fotos te neem. Ek het besluit om Sondagoggend weer soontoe te gaan met die hoop dat hulle op dieselfde plek sou wees. Ek het nog nie 'n Waterdikkop as 'n lifer gehad nie en was bly om dit uiteindelik ook by my lifelist te kon voeg, maar het 'n ordentlike foto gesoek. Waterdikkoppe was een van daardie lifers wat ek nie spesiaal voor wou gaan soek het nie, omdat ek dit in elkgeval redelik maklik sou kry, sonder om verskriklik hard te soek.

     

     
Kleinwitreier Bleshoender Kaapse Wewer
     
Kolgans Geelbekeend Hadeda
     
SkoorsteenveŽr Kaapse Rietsanger Groot Waterhoender
     
Kaapse Tiptol Vleitinktinkie Waterdikkop