25 Mei 2008    
 
   
Onrus Lagoon - Hermanus  
 

Ek het toe soos beplan vanoggend teruggegaan na die Onrus Lagoon. Johann kon nie vanoggend saam gaan nie en ek is alleen terug soontoe. Ek het weer terug gegaan na die riete waar ons gisteraand was en ek was aangenaam verras toe daar vier raserige Swartriethane reg langs my by die riete uitstap. Ek is toe weer terug na die mond van die lagoon, waar ek en Johann gisteraand die WaterDikkoppe gesien het. Ek het 'n wye draai om die Dikoppe geloop, om die son agter my rug te kry en toe die Waterdikkoppe stadig genader sodat ek 'n goeie foto kon kry ... En toe gebeur wat enige voŽlkyker se bloed sal laat kook... 'n Ou kom met sy twee honde aangestap, waar ek sit en fotos neem en sy honde harloop op al die voŽls op die strand af en jaag al die voŽls weg, insluitende die dikkoppe. Die ou gaan sit toe daar waar die dikkoppe gestaan het en haal toe sy kamera uit en neem toe so paar fotos van die kwakker eende wat nog in die water was. Die ergste van alles is dat honde verbode was op die strand. Ek was nie lus om met die idioot te staan en stry oor sy honde nie en besluit om net te loop. Dis eers toe ek bo by die parkeer area kom dat ek die "HONDE VERBODE" kennisgewing bord sien. Ek sal eerder vir Hermanus munispaliteit kry om soontoe te gaan en boetes uit te skryf vir die eienaars van die honde op die strand. Ek het toe maar 'n vinnige draai gaan maak by die Vermont dam, wat so 3 minute van daaraf is. Die Groot Flaminke was nog daar en die watervlak was nog steeds baie laag. Ek, Ursula en die kinders het so 11:30 terug gery Durbanville toe, maar omdat dit so lekker dag was het ons besluit om die Bettiesbaai-Gordonsbaai roete terug huis toe te ry. By Bettiesbaai het ons besluit om by Stony Point 'n draai te maak om vir die kinders weer die BrilPikkewynne te wys. Ek het 'n "Cape Girdled Lizard" as 'n lifer daar gekry. Daar was omtrent baie van hulle daar vandag. Ons het toe by Rooiels gestop vir middagete. Dit was taamlik mistig teen die berg, maar ek kon nie die geleentheid verby laat glip sonder om te gaan kyk vir 'n Grondspeg nie, maar daar was net Kaapse Berglysters, waaroor ek ook bly was, want die vorige keer toe ek daar was, was hulle skoonveld. So daar is darem nog 'n rede om weer in die nabye toekoms by Rooiels 'n draai te gaan maak en dalk volgende keer 'n Grondspeg daar te kry! Die vier Swartriethane was ongetwyfeld my hoogtepunt vir die dag!

     

     
Swartriethaan Geelbekeend Witborsduiker
     
Onvolwasse Hartlaubse meeu Waterdikkop Klein Dobbertjie ??
     
Drieband Strandkiewiet Groot Flaminke Blou Reier
     

     
Stony Point  
     
Brilpikkewyn kuiken Onvolwasse Brilpikkewyn Volwasse Brilpikkewyn
     
Bankduiker Trekduiker Bankduiker
     
Kuifkopduiker Witborsduiker Karoolangstertjie
     
Cape Girdled Lizard Cape Girdled Lizard Cape Girdled Lizard
     
Kleingrysmuishond Kleingrysmuishond Dassie
     

     
Rooiels  
     
Kaapse Berglyster mannetjie Kaapse Berglyster wyfie Rooivlerk Streepkoppie
     
Gewone Spekvreter Nedikkie Oranjeborssuikerbekkie wyfie