1 Junie 2008    
Durbanville omgewing  
   
'n Groot Swerm SkoorsteenvieŽrs wat oor Durbanville in V-formasie vlieg
 

Ek het net na 4:00 vanmiddag besluit om weer so 'n vinnige draai te gaan ry, om te kyk of ek iets nuuts, na die afgelope week se reŽn, in die Durbanville Plattelandse gebied kon kry. Ek het gehoop om dalk 'n Afrikaanse Snip te sien, omdat daar nou oral klein plassies water gevorm het, maar die wintersgras is dalk nog nie hoog genoeg om genoegsame skuiling te kan bied vir die voŽls. Ek het besluit om weer die Occultdale pad, wat so 10km Noord van Durbanville is, te besoek. Ek het by 'n klein poel water gestop en 'n paar Driebandstrandkiewiette asook 'n stuk of tien Geelborsstrandkiewiette daar gekry. Dis was vir my 'n eerste om Geelborsstrandkiewiette in Durbanville omgewing te kry. Ek het vanmiddag ook 'n foto geneem van die Bonthoutkapper, wat elke dag in my agterplaas kom bessies eet, asook die Kaapse Wewer wat besig is om nes te bou.

     

     
Kaapse Wewer Kaapse Glasogie Bonthoutkapper
     
Suidelike Rooivink Veereier HeŽveldse Skaapwagter
     
Gewone Kwikkie Bontkiewiet Wildemakou
     
Geelborsstrandkiewiet Geelborsstrandkiewiet Driebandstrandkiewiet
     
Hadeda Witborskraai Blouvalk
     
Gewone Mossie wyfie Gewone Mossie mannetjie Kolgans