7 Junie 2008    
Tygerberg Natuur Reservaat  
   
 

Ursula was vandag so bietjie siek met 'n keelseer, wat in omtrek is, en ek moes vir Melissa by een van haar maats se verjaardagpartyjie gaan aflaai. Die maatjie se huis is naby die Tygerberg Natuur reservaat en ek moes weer vir Melissa na twee ure gaan optel het. Ek het besluit om my kamera saam te vat en 'n vinnige draai by die reservaat te gaan maak, afgesien van die dreigende wolke en ysige windtjie. Ek het haar 2pm by die maat gaan aflaai en so 10minute later by die reservaat se hek aangekom. Ek het besluit om die teerpad tot bo op die Tygerbergkoppie uit te loop en kon dan vinnig terug loop motor toe, indien dit sou begin reŽn. Ek het die klompie Bontebokke net anderkant die kruin gekry. Ek het 'n hele rukkie langs 'n bossie deurgebring en 'n paar gestreepte muise gesit en dophou. Ek het ook 'n wyfie en mannetjie Kransvalk net anderkant die kruin gekry, waar hulle saam in een bossie gesit en rus het.

     

     
Kransvalk wyfie Kransvalk mannetjie RooiborsjakkalsvoŽl
     
Bontebok Gestreepte Muis Tarentaal