14 Junie 2008    
Houwhoek - Karwyderskraalpad - Onrust  
   
 

Ek, Ursula en die kinders is vanoggend weer Hermanus toe om die langnaweek vir by my pa op die plaas te gaan kuier. Ons is vanoggend eers by Houwhoek Padstal aan om oggendete te eet. Ons het so bietjie daarrondgestap, maar het net die gewone plaaslike spesies daar gesien. Dit is een van die beste plekke om Kaapse Pietjie Kanarie en Suidelike Swie te kry. Daar is ook altyd Kaapse Kanaries en Mikstert Byevangers asook donker vlieevangers en Olyflysters. Ek het toe die Karwyderskraal grondpad na Hemel en Aarde gery. Ek het twee spesies hier gekry wat ek nog nie voorheen op die pad gekry het nie, naamlik 'n Landeryklopkloppie asook Gevlekte muisvoŽls. Ons het weer so bietjie reggetrek by die huis en toe het ek weer 'n vinnige draai by die Onrust Lagoon gemaak en vir so halfuur daar tussen die riete gesit. Ek het niks nuuts gesien, wat ek nie die vorige keer daar gekry het nie. Die fotos vandag lyk weer meer soos skilderye as fotos, want ek het weer my kamera op IOS 400 gehad, sonder dat ek dit besef het. Ek was baie vies vir myself vanmiddag toe ek die fotos sien en sal hopelik leer uit my foute.

     

     
Jangroentjie mannetjie Jangroentjie wyfie Kaapse Kanarie
     
Gewone Janfrederik Olyf lyster Kaapse Pietjiekanarie
     
Suidelike Swie Fiskaal VlieŽvanger Bleshoender
     
BlouKraanvoŽl Landery Klopkloppie Withalskraai
     
Kaapse Bontrokkie mannetjie Kaapse Bontrokkie wyfie Hadeda
     
Fiskaal Laksman Gevlekte MuisvoŽl HoŽveldse Skaapwagter
     
SkoorsteenveŽr Kleinwitreier Kolgans
     
Kaapse Rietsanger Grootwaterhoender/font> Geelbekeend