15 Junie 2008    
Overberg - Standford tot Viljoenshof  
   
 

Ek, Ursula en die kinders het vanoggend van Hermanus af Viljoenshof toe gery om vir my Pa op die plaas te gaan kuier. Ons het soos oudergewoonte by Standford die Caledon afdraai links geneem en dan so paar kilometer verder die Elim afdraai regs geneem en dan die grondpad gevolg tot by die Bredasdorp/Elim--Gansbaai T-aansluiting. By die T-aansluiting regs na Baardskeerdersbos-Gansbaai en dan links by die Gansbaai-afdraai. Die Viljoenshof afdraai is nie gemerk nie. Die Viljoenshof kalkpad met die omringende fynbos maak deel uit van die Agulhas Nationale park. Dis die eerste keer dat ek die "Agulhas Nationale Park" borde op die Viljoenshof kalkpad sien. Dis hier waar ek so tydtjie terug die padlopertjie skilpad gekry het. Die proteas is in volle blom en dit is 'n goeie tyd om die streek te besoek om proteas te kyk. Ek was sommer vroeg oggend verras toe ek 'n RooiborsjakkalsvoŽl gekry het, wat besig was om sy vangs te eet. Dis die eerste keer dat ek 'n RooiborsjakkalsvoŽl kry wat iets gevang het. Bietjie nader aan die Viljoenshof afdraai het ek 'n Kransvalk en Blouvalk, asook 'n lepelaar gekry. Dit was koud, bewolk met sterk winde en ons het maar min son gesien. Daar was darem geen reŽn nie. Oppad terug huistoe vanaand het ek 'n Visarend op die Viljoenshof kalkpad gekry en was net betyds om 'n foto te kry. Daar is 'n opgaardam in die omgewing en mens hoor soms die Visarende op die Baardskeerdersbos pad oppad Gansbaai toe en ek het hulle al in daardie omgewing gesien.

     

     
RooiborsjakkalsvoŽl Kransvalk Blouvalk
     
Lepelaar Gewone Tortelduif Mikstert Byevanger
     
Klein Rooibandsuikerbekkie Kaapse wewer Rietduiker
     
Fiskaal Laksman Fiskaal VlieŽvanger Visarend