29-30 Junie 2008    
Namibia - Windhoek - Avisdam  
   
 

Ek was die afgelope 5 dae in Namibia vir werksverpligtinge. Ek het Woensdag Windhoek toe gevlieg en is Maandag weer terug Kaap toe. Dit het my darem die geleendheid gebied om Saterdag en Sondag so paar uur af te knyp om by die Avisdam, net buite Windhoek, te gaan voŽls kyk. Ek het maar min slaap gekry so onder al die werk deur en ek moes my agterstallige slaap inboet, om Saterdag en Sondag te gaan voŽls kyk. Die Avis dam is baie ryk aan voŽllewe en dis my eerste besoek aan die dam gedurende die winter. Om die dam is daar 'n wye verskeidenheid habitat, wat wissel van klipkoppies, doringbome, Acasias, lang gras en dan natuurlik die dam self. Ek het probeer om so veel tyd moontlik te spandeer by elk van die habitatte en ek het vinnig geleer watter tipes onkruid in die gebied voorkom, omdat die sade so maklik aan mens se klere vassit, selfs aan my jeans en die onderkant van my skoene! Dis natuurlik as mens nie op die paadjies bly nie soos ek en tussen die bome en gras wil ronddwaal :-) Ek het 'n Ralreier, Klipstreepkoppie, Palmwindswael, Rooibekvuurvinkie, Grootmossie en Baardmannetjie as lifers bygekry. Die Rooibekvuurvinkie is nie veronderstel om eens in Namibia voor te kom volgens my voŽlgidse nie. Ek het ook 'n klompie voŽls gekry wat ek klaar as lifers gehad het, maar die eerste keer dat ek hulle in Namibia kry, soos die Bosveldstompstert, Kleindobbertjie(moet nog bevestig of dit een is) , Klein Windswael, RooiwangmuisvoŽl, Rooibekkwelea, Woestynklopkloppie, Namakwasuikerbekkie, Geelborsstrandkiewiet, Rooibekeend en die Groenrugreier.

     

     
Witborsduiker Bloureier Witpelikaan
     
Gewone kwikkie Dubbelbandstrandkiewiet Geellborsstrandkiewiet
     
Rooibekeend Bontkiewiet Witkwasmuishond
     
Ralreier (onvolwasse) Groenrugreier (onvolwasse) Grootwitreier
     
     
Klipstreepkoppie Dassie Skoorsteenvieer/Lepelaar
     
Kleinwindswael Palmwindswael Kransswael
     
Blouvalk Namibian Rock Agama GrondEekhoring
     
Gewone Spekvreter Rooiborsduif Mikstertbyevanger
     
     
Grysloerrie Witkruismuisvoel RooiwangmuisvoŽl
     
Rooioogtiptol Kleinglansspreeu Marico VlieŽvanger
     
Swartkeelgeelvink Suidelike Rooivink Rooibeksysie
     
Gewone Blousysie wyfie Swartwangsysie Bosveld Tjeriktik
     
     
Rooibek Kwelea mannetjie Rooibek Kwelea wyfie Rooibekvuurvinkie
     
Grootmossie Baardmannetjie onvolwasse Baardmannetjie
     
Woestynklopkloppie Bergkanarie KoringvoŽls
     
Namakwa Suikerbekkie Swartband Langstertjie N-Br Bosveldstompstert