17 Junie 2008    
Tygerberg Natuur reservaat  
   
 

Ek het vanoggend 'n vinnige draaitjie gaan maak by die Tygerberg natuur reservaat. Dit was maar taamlik stil toe ek daar aankom, want die son was nog nie behoorlik uit nie. Ek het net opgeloop na die kruin en toe na die mees noordelike gebied van die reservaat gestap. Die Lente is alweer amper op ons en ek sien dat die voŽls klaar mekaar die hof maak. Ek het ook op twee baie mak Bontebokke afgekom en binne tien tree van hulle verbygestap, terwyl hulle rugstig verder gewei het.

     

     
Kaapse fisant Kleinrooiband suikerbekkie Fiskaal Laksman
     
Grysrugtinktinkie Gewone Tarentaal Gewone Janfrederik
     
Bokmakierie Bankeelkleinjantjie Bontebok