3 Augustus 2008    
Strandfontein  
   
 

Ek het vanoggend taamlik laat besluit om deur te ry Zeekoevlei Natuur Reservaat toe en Makayla het saamgekom. Ons het skaars daar aangekom of 'n stewige windtjie het opgesteek en klein golfies oral op die water gemaak. Ek het nie veel hoop gehad om een van die twee spesies wat onlangs daar gemerk is te kry nie, omdat daar nou al soveel tyd verby gegaan vandat dit daar opgemerk is, maar ook omdat ek so laat besluit het om deur te gaan soontoe en dan is daar dan nog ook die amateur faktor :-) Wel, dit was ook toe so en ek het niks nuuts vir my lifelist bygekry in die sin van voŽls nie, maar ek het darem so paar voels daar gesien vandag wat ek nie die vorige keer daar gekry het nie. Ek het 'n valk op 'n afstand gesien, waaroor ek nie baie seker is nie, maar dit sal seker 'n swerfvalk wees. Ek het ook 'n Kaapse Grysbok as 'n soogdier lifer bygekry en die muishond het Trevor nou vir my bevestig is 'n Klein Grysmuishond

     

     
Koningriethaan Bleshoender Grootwaterhoender
     
Kaapse Rietsanger Veereier Skoorsteenvieer
     
Glans Ibis Groot Flamink SlanghalsvoŽl
     
Withalskraai Afrikaanse Vleivalk Swerfvalk
     
Swartnekdobbertjie Kleindobbertjie Bruineend wyfie
     
jong Reuse Sterretjie Hartlaubse meeu Geelbeksterretjie
     
Rooibekeend Kaapse Slopeend mannetjie Bruineend mannetjie
     
Witborsduiker Rooipootelsie onvolwasse Kolgans
     
Hadeda Gewone Tortelduif Kaapse Tiptol
     
Bontkiewiet Klein Grysmuishond Kaapse Grysbok