9 Augustus 2008    
Durbanville Platteland  
   
 

Trevor se "SA rare bird news report" het vroeŽr die week vertel van 'n "Great Spotted Cuckoo" wat vroeer die week naby Durbanville opgelet is en ek besluit om dit te gaan soek. Dit was 'n skoot in die donker, want ek het nie geweet of ek na die regte plek ry nie. Ek het koordinate op die Internet gekry en op Google Earth gekyk waar die plek is. Dit was aangenaam gewees om vir David Hall op die pad vanoggend te ontmoet. Dit is my eerste ontmoeting met een van die bekende name van voŽlkykers in die Weskaap. David het my verseker dat ek wel op die regte plek was.Dit lyk my die voŽls is nou almal besig met nesmaak. Ek het 'n Slangverklikker gevind op die pad Rocklands Farm pad, besig om nes te maak. Baie van die vinke is ook al klaar amper in broeidrag. Nadat ek en David bietjie gesels het, is ek terug Durbanville se kant toe, maar eers het ek so 'n ent Oos na Paarl se kant toe gery. Op diť pad is daar 'n dam, waa ek gereeld stop en ek wou gaan kyk of ek nie dalk 'n vroeŽ Lente besoeker swael daar kon vind nie. Daar was die gewone Afrikaanse oewerswaels en ek het vir die eerste keer waterskilpaaie by die dam gesien. Ek het nie die Koekoek gevind nie, maar dit was darem goed om weer 'n nuwe pad naby aan my huis te ontdek en ek sal dit definitief meer gereeld in die toekoms besoek.

     

     
Rietduiker SkoorsteenvieŽr Veereier
     
Wilde Makoue Swartkopreier BloukraanvoŽl
     
Kaapse Fisant Gewone Tarentale Kolgans
     
Kaapse Flap mannetjie Suidelike Rooivink mannetjie Suidelike Rooivink wyfie
     
Swartkeelgeelvink mannetjie Geelkanarie wyfie Geelkanarie mannetjie
     
Gewone Koester Gewone Koester Gewone Koester
     
Gewone Kwikkie Dikbeklewerik Gewone Koester
     
Huismossie mannetjie Huismossie wyfie Slangverklikker
     
Europese Spreeu Witborskraai Fiskaal VlieŽvanger
     
RooiborsjakkalsvoŽl Vleitinktinkie Geelbekeend
     
Bleshoender Kaapse Wewer mannetjie Swartkeelgeelwewer wyfie
     
Blouvalk Gewone Tortelduif Gewone Bontrokkie
     
Bontkiewiet Kuiken Bontkiewiet Waterskilpad