10 Augustus 2008    
Strandfontein  
   
 

Ek wou vanoggend vroeg gaan voŽls kyk het by Strandfontein, maar my werk het ander planne gehad met my en my uit die slaap gehou tot 7uur vanoggend. Ek moes eers gaan slaap, maar teen 10uur was ek op, na 'n "power-nap" van 3ure. Teen 10:45 was ek oppad Strandfontein toe. Toe ek daar aankom, was daar 'n klein groepie mense, in die stukkie pad, waar die Kleinriethaan en die Kleinkoningriethaan in die afgelope tyd opgemmerk is. Sommige van die mense het my vertel dat hulle al vir 3ure daar was en nog niks voŽls gesien het nie. Ek het besluit om later terug te keer as dinge so bietjie stiller geraak het. Ek het die tyd gebruik om te kyk of ek beter fotos kan kry van die meer bekender tipes voŽls. So om en by 3uur het ek teruggekeer soontoe en onmiddelik het ek die Kleinkoningriethaan gesien wat sommer so bo oor die riete geloop het. Ek het byna my toebroodjie heel ingesluk, maar teen die tyd dat ek my kamera in die hande kon kry, was hy skoonveld. Ek het toe weer so bietjie weggetrek en na 'n tydjie nader getrek. Die Kleinkoningriethaan het my weer gesien, voor ek hom kon sien het en gehardloop na 'n gat tussen die riete en ek was weereens te laat vir 'n foto. Ek het nie die Kleinriethaan gesien nie. David Hall het my uitgenooi om vanmiddag saam met hom te gaan soek vir die Gevlekte Koekoek in Durbanville. Ons is agtermiddag weer terug na die plek waar ons gister vir die Gevlekte Koekoek gesoek het. Ek kan my maar net verwonder aan David se wetenskaplike kennis van plante en diere. Ons het 'n Gryskopmossie gesien, wat David vir my uitgewys het. Dis ook danksy David dat ek die Kleinkoningriethaan vroeŽr vandag by Strandfontein opgespoor het.

     

     
Bloureier SkoorsteenvieŽr Kleinwitreier
     
Grootkoningriethaan Grootwaterhoender Veereier
     
Geelbekeend Geelbekeend kuikens Kaapse Slopeend
     
Bruineend mannetjie Bruineend wyfie Bruineende
     
Rooibekeend Teeleend Teeleend
     
Groot Flamink Klein Dobbertjie Rietduiker
     
Kaapse Rietsanger Kaapse Vleisanger Kaapse Vleisanger
     
Karoo Langstertjie Vleitinktinkie Rooibeksysie
     
Gewone Koester Gewone Koester Gewone Koester
     
Bontkiewiet GrootSwartrugmeeu Glansibis
     
Afrikaanse Vleivalk Blouvalk Klein Grysmuishond