16 Augustus 2008    
Durbanville - Platteland  
   
 

Melissa het vandag 'n partytjie by die huis gehad. Ek het eers gehelp by die huis met die voorbereidings en toe vir so 2ure 'n draai gaan ry. Ek is weer Rocklands toe. Ek het gehoop om die Meitjie te sien, wat Trevor verlede week hier gesien het. Ek het nog geen Koekoek as 'n lifer nie. En toe gebeur dit... Ek stop om 'n Swartkopreier af te neem en hoor 'n Meitjie roep. :-) Ek volg toe die geroep en spoor die voŽltjie toe op. Gelukkig het ek toe darrem 'n foto gekry. Dit was my enigste lifer vir die dag. Ek het ook 'n Afrikaanse Hoephoep gesien, asook 'n mooi foto gekry van 'n bandkeelkleinjantjie. Ek is vanmiddag, na die terleurstellende vertoning van die Springbokke,saam met Johann en Mario weer terug soontoe, maar dit was reeds 'n bietjie laat. Ek het die volmaan afgeneem, wat so 12uur vannaand verduister het tot 'n sekelmaan. Ander voŽls wat ek vandag gesien het sluit in 'n Gewone Dikkop, asook my eerste fotos van Witkeelswaels na die winter. Ek was baie gelukkig die afgelope paar weke om bokke te sien en vanoggend het ek weer 'n bok gesien. Die keer was dit 'n Steenbokkie.

     

     
Kaapse Flap Rooivink Kaapse Kanarie
     
Gewone Kwikkie Gewone Dikkop Geelbekeend
     
HoŽveldse Skaapwagter Witborskraai SlanghalsvoŽl
     
Bokmakierie Afrikaanse Hoephoep Witkeelswael
     
Gewone Koester Wilde Makou Gewone Janfrederik
     
Rooikoplewerik *Meitjie* Bandkeelkleinjantjie
     
Jangroentjie wyfie Witpelikaan BloukraanvoŽl
     
Koningrooibekkie wyfie Koningrooibekkie mannetjie Swartkeelgeelvink
     
Kaapse Wewer wyfie Swartkopreier SkoorsteenvieŽr
     
Steenbok Volmaan Gedeeltelike Maanverduistering