17 Augustus 2008    
Durbanville - Rocklands  
   
 

Nadat Makayla na gister se Rocklands fotos gekyk het en die Koningrooibekkie mannetjie sien, wou sy met alle mag hÍ dat ek vir haar vanoggend moes gaan wys hoe die mooi voŽltjie lyk. Ek en Makayla het toe vanoggend weer deur gery Rockalands toe. Ek het gister een van die grondeienaars daar ontmoet en toestemming gekry om daar rond te stap. Ek het gehoop om vanoggend so paar nuwe spesies daar te kry. Die rondstap vanoggend het vir 'n Weskaaplandse lifer vir my gesorg, in die vorm van 'n RooiwangmuisvoŽl. Ek het, wat ek eers vermoed het, 'n subvolwasse Meitjie gekry, maar Trevor het nou bevestig dat dit eintlik 'n volwasse wyfie was. Ek het ook 'n mannetjie Meitjie, in die perfekte lig gekry en 'n foto gekry. Makayla het ook haar Koningrooibekkie gekry, maar was baie bly om ook die mooi Meitjie te kon sien. Ek was lanklaas so ingenome met 'n nuwe voŽl, soos vanoggend. Dis altyd lekker om die lifer te kry, maar ook die mooi fotos om daar by te pas :-)

     

     
Swartkopreier Bloureier Rooibekeend
     
Gevlekte MuisvoŽl RooiwangmuisvoŽl Karoolangstertjie
     
Wilde Makou Slangverklikker Rooibeksysie
     
Afrikaanse Oewerswael Witpenswindswael RooiborsjakkalsvoŽl
     
Koningrooibekkie mannetjie Rooikoplewerik/font> Kaapse Fisant
     
Meitjie wyfie Meitjie mannetjie Meitjie mannetjie