18 Augustus 2008    
Durbanville - Rocklands  
   
 

Ek het laatmiddag vandag weer Rocklands toe gegaan, net om te kyk of ek dalk iets nuuts daar kan opspoor. Ek het net die stukkie beboste gebied langs die pad deurgestap en daar gesit en wag en luister of ek nie iets onbekends kon hoor of sien nie. Na 'n rukkie se wag het ek iets gehoor, amper soos 'n padda wat twee keer kwaak en dan twee harde gefluit van die voŽl se maat, wat antwoord gee. Dis die eerste keer dat ek so iets hoor en ek het nader gegaan en gevind dat die voels reg agter 'n groot bos was. Ek het gewag en een van die voels het deur die bos begin beweeg. Ek het my kamera reggehad om dit af te neem sodra ek dit kon fokus. Ongelukkig was die lig taamlik swak. Ek kon darem die voŽl identifiseer en die foto wys ook dat dit gering was. Dit was toe al die tyd 'n Bosveldtjeriktik. Dis die eerste een wat ek in die Durbanville omgewing afneem. Ek het ook weer fotos gekry van die RooiwangmuisvoŽls wat taamlik volop is op die plek asook een WitkruismuisvoŽl. Ek het nou die afgelope drie dae al drie tipes muisvoŽls hier afgeneem. Ek het ook weer 'n paar Bandkeelkleinjantjies gesien en ook 'n foto gekry. Ek het ook weer die Gryskopmossie gesien wat ek en Dave verlede Sondag gesien het, maar die lig was al reeds swak en ek sal probeer om beter fotos volgende keer te kry. Daar was ook heelwat Afrikaanse Oewerswaels hoog in die lug vandag. Ongelukkig het ek nie 'n Gevlekte Koekoek gesien nie, maar ek vermoed reeds lankal dat die voŽl nie meer in die omgewing is nie. Ek konsentreer nou eerder op die plaaslike spesies in die omgewing en as ek die Gevlekte Koekoek sou opspoor sal dit net 'n bonus wees. Ek is seker daar sal nog spesies in die vervolg hier wees, wat ek sal kan byvoeg by my Weskaap - en dalk my Suiderafrikaanse - lifelist.

     

     
Swartkopreier Witborskraai Afrikaanse Oewerswael
     
Bosveldtjeriktik Bosveldtjeriktik Bosveldtjeriktik (gering)
     
Bonthoutkapper Fiskaal Laksman Bandkeelkleinjantjie
     
Witpelikaan RooiborsjakkalsvoŽl Gewone Mossie wyfie
     
RooiwangmuisvoŽl RooiwangmuisvoŽl (gering) WitkruismuisvoŽl
     
Kaapse Wewer Gryskopmossie Karoolangstertjie