23 Augustus 2008    
Hermanus Fernkloof  
   
 

Ek en Makayla is die naweek alleen Hermanus toe omdat ek so paar dingetjies gehad het om daar te doen. Ursula het agter gebly met Melissa wat skool verpligtinge gehad het. Ek en Makayla is Fernkloof toe nadat ek vroeg vanoggend so paar goed om die huis klaar gemaak het. Ek het geweet dit gaan reŽn en wou vroeg gaan voŽls kyk het voordat dit begin reŽn. 'n Sterk wind het gewaai, maar dit het ons nie afgeskrik nie en Makayla wou met alle mag net die berg uitklim. Ons het opgeloop tot waar ek gedink het dit veilig was vir haar. Ons het die bergkoppie langs die waterval roete in Fernkloof uitgeloop tot bo. Daar was relatief min voŽls - Die meerste voŽls het weggesteek gebly, om te skuil teen die sterk wind. Makayla het die "bergklim" geniet en ons het ook 'n draai gestap onder die beskutting van die bome in die kloof by die waterval, maar dit was maar die opwinding van die dag. Ons het so teen 11am kar toe gestap. Ons was net mooi terug in die kar toe 'n reŽnbui uitgesak het. Die reŽn het aangehou vir die res van die dag en ek en Makayla het by Johann gaan gaan rugby kyk. Ons sal maar nie oor die rugby praat nie.

     

     
Kaapse Glasogie Klein Rooibandsuikerbekkie RooiborsjakkalsvoŽl
     
Oranjeborssuikerbekkie Kaapse SuikervoŽl wyfie Kaapse SuikervoŽl mannetjie