24 Augustus 2008    
Hermanus Hemel-en-Aarde  
   
 

Ek en Makayla is vanoggend terug huistoe, maar ek het eers 'n draai gaan ry op die Hemel en Aarde pad, wat Hermanus met Caledon verbind om sommer so bietjie voŽls uit die kar uit te kyk en af te neem. Die pad begin as 'n teerpad, maar gaan later oor in 'n grondpad. Ek het later by 'n enkel voertuig bruggie uitgekom en so 2km later, net voor die pad 'n skerp draai na regs maak, het ek gestop langs die plaashuissie net voor die skerp draai en 'n Gryskopmossie in 'n bos reg langs die pad gesien en afgeneem. Ek het toe daar ook teruggedraai en toe met die Karwyderskraal pad teruggery Kaap se kant toe. Makayla was lekker moeg, na 'n lekker besige naweek en naas gister se berguitstappie by Fernkloof, was haar naweek se hoogtepunt definief die lekker speel by haar niggies, Lismarie en Elsari. Sy was pootuit vandag en het lekker geslaap in die kar oppad huistoe.

     

     
Gevlekte MuisvoŽl Kaapse Flap Klein Rooibandsuikerbekkie
     
Mikstert Byevanger Kaapse Kanarie BloukraanvoŽls
     
Swartkraai Jangroentjie Hadeda
     
Fiskaal VlieŽvanger Gryskopmossie Huismossie wyfie