30 Augustus 2008    
Durbanville - Platteland  
   
 

Die reŽn het vir 'n kort rukkie vanoggend opgehou, wat my die kans gegee het om in die Durbanville omgewing asook by Rocklands 'n draai te gaan maak. Ek het twee Gryskopmossies vanoggend by Rocklands gesien, wat beteken dat dit seker 'n broeipaar is, wat moontlik hier gaan nesmaak. Ek het Grootstreepswaels, Klein Windswaels, Afrikaanse Oewerswaels, Witkeelswaels asook Witpenswindswaels by Rocklands gesien wat baie aktief was in die sterk wind. Ek het 'n klein troppie bokke van die Durbanville-Klipheuwelpad af gesien, wat heel moontlik takbokke was, wat in die omgewing is. Die bokke is natuurlik nie inheems nie. Ek sal nog moet bevestig watter soort bokke dit is. Ek het so teen 11:30 teruggekeer huistoe, toe die reŽn en sterk rukwinde weer begin het.

     

     
Geelbekeend Rooibekeend Wilde Makou
     
Rietduiker Vleitinktinkie Groot Waterhoender
     
Koningrooibekkie Kaapse Flap Gewone Bontrokkie
     
Witpenswindswael RooiborsjakkalsvoŽl Wilde Makou
     
Kaapse Wewer mannetjie Jangroentjie mannetjie Kaapse Wewer wyfie
     
Kolgans Bleshoender Grootstreepswael
     
Bokmakierie Gewone Koester Witgatspreeu
     
BloukraanvoŽl Gewone Janfrederik bokke (onbekend)