31 Augustus 2008    
Durbanville - Platteland  
   
 

Ten spyte van die stormweer het ek en Makayla vanoggend weer so ent gaan ry om te gaan kyk hoe die Durbanvillse platteland lyk na gisteraand se stormwinde, hael en stortreŽn. Die hele Durbanville se platteland is een groot vleiland met bome wat oral in die water staan en alle stroompies wat oornag verander het in sterk vloeiende strome. Die water het genoeg gestyg op plekke dat Wewer neste vanoggend plek-plek onder water was. Daar was heelwat swaels vanoggend in die lug en ek kon 'n Kransswael by my naweeklys van swaels voeg, maar my swael vir die naweek is definitief die Gebande Oewerswael wat ek vandag op die Klipheuwel grondpad met die Eskom Windopwekkers gesien het! Dis nou nie 'n lifer nie, maar dis definitief die voŽl vir my vir die dag! Dit maak darem vandag se "trippie" die moeite werd en Makayla kon ook nou self sien dat dit nie alle swaels is wat vinnig vlieg nie. Ongelukkig moes ek die swael deur my motor se voorruit afneem en ook maar goed so, want hy het skielik van rigting verander en ek het hom nie weer gesien nie.

     

     
RooiborsjakkalsvoŽl Witpelikaan Kleinwindswael
     
Grootstreepswael Gebande Oewerswael Kransswael
     
Bontkiewiet Rietduiker SkoorsteenveŽr
     
Gewone Bontrokkie Kaapse Kanarie Gewone Kwikkie
     
Rooibekeend Geelbekeend Gewone Koester
     
SlanghalsvoŽl HoŽveldse Skaapwagter Gewone Tarentaal