6 September 2008    
Durbanville - Platteland  
   
 

Dit was 'n heerlike warm Lente dag vandag en ek het die kinders vanoggend saam gevat om weer bietjie in die Durbanville omgewing te gaan voŽls kyk. Ons het op die Durbanville Klipheuwelpad uitgery. Op die pad het ons iemand se ontsnapte parakiet gekry, asook die eerste Geelbekwou van die seisoen. Ons het toe op die Klipheuwel pad uitgery en op die pad Gewone Bontrokkies gekry wat kos aangedra het vir hulle kleintjies. Die nes was reg langs die pad en ek het die kinders gou die nes gewys met die 3 piepklein kuikens in die nessie en toe vinnig 'n foto geneem. Ons is toe van daaraf by Rocklands aan oppad huistoe. Hier het ons 'n paar lede van die Tygerberg voŽlklub gekry wat besig was om voŽls te ring. Dit was baie interessant om hulle dop te hou en ek het ook die geleentheid gekry on 'n rooiwangmuisvoŽl was te hou. Die kinders kon ook aan hom vat en hulle was omtrent opgewonde. Ongelukkig het ons opgedaag toe hulle besig was was met die laaste twee voŽls en ek het die laaste voŽl, 'n Kaapse Wewer afgeneem net om 'n perspektief te gee oor die grootte van die voŽl. Die voŽls lyk altyd so groot deur die kamera se lens en ek was omtrent verbaas oor hoe klein die RooiwangmuisvoŽl is in mens se hand. Ek het ook deur hulle lys van voŽls gegaan wat in die nette gevang is en ek was bly om te sien dat daar 'n Kardinaal Speg ook op die lys was, wat beteken dat ek hopelik een in die nabye toekoms daar sal sien. Hulle moes die nette langs die pad span vandag, omdat die beeste by die rivier geloop het. Hulle het verder geen rare spesies in die nette gevang of enige iets gekry wat ek nog nie in die laaste paar weke klaar daar afgeneem het nie. Ek moes toe vinnig deurry Durbanville toe, om nuwe bande op my motor te laat sit. Ek het toe laatmiddag weer soontoe gegaan en toe vir so 10minute langs die rivier rond geloop, tot my kamera se battery pap geraak het en ek ontdek het dat ek my ander battery by die huis vergeet het. Ek sal definitief weer soontoe wil gaan wanneer hulle weer voŽls ring. Dit gee 'n ander dimensie aan voŽlkyk en ek sal baie graag weer die voŽls wil hanteer. Dit was definief my hoogtepunt vir die dag asook die Afrikaanse oewerswaels wat ek laatmiddag by die rivier afgeneem het asook die eerste Geelbekwou vir my vir die nuwe seisoen. Ek het ook 'n RooiborsjakkalsvoŽl vanaand afgeneem, wat ek voor die winter ook gesien gesien het. Die voŽl het 'n gebrek of hy het sy vlerk seergemaak toe hy 'n kuiken was. Ek het hom dopgehou toe hy 'n jong voŽl was en dit het toe vir my gelyk of hy sy vlerk gebreek het, maar ek het hom vandag hoog in 'n boom gesien, wat beteken dat hy kan vlieg en kos kan vang. Dit wil voorkom of sy een vlerk groter is as die ander een. Die foto is hieronder. Wel, dit was weer 'n baie interessante en leersame dag in Durbanville :-)

     

     
Blouvalk Gewone Kwikkie Geelbekeend
     
Huismossie mannetjie Huismossie wyfie RooiborsjakkalsvoŽl
     
Geelbekwou Parakiet (ontsnap) Dikbeklewerik
     
Witkeelswael Dikkop Rooikoplewerik
     
Kaapse Kanarie Gewone Bontrokkie wyfie Gewone Bontrokkie nes en kuikens
     
Gewone Bontrokkie mannetjie Swartkeelgeelwewer Kaapse Wewer
     
Afrikaanse Oewerswael Bokmakierie Karoo Langstertjie