7 September 2008    
Durbanville - Platteland  
   
 

Vanoggend was heelwat koeler as gister en ek het besluit om vanoggend uit te ry en te kyk of ek nie 'n pad kan verken wat ek nog nie voorheen gery het nie. Ek het weer die Klipheuwel pad vanaf Durbanville gery en so entjie aangehou na Klipheuwel en 'n afdraai links geneem. Ek het darem weer 'n Geelbekwou op die pad gekry en ook 'n klein klipkoppie ontdek waar ek 'n Slangverklikker op 'n afstand kon uitmaak. Ek kan dalk met die toestemming van die grondeienaar dalk later daar gaan stap. Ek is toe soos oudergewoonte weer terug na Rocklands oppad huistoe. Ek het so entjie langs die rivier gestap. By Rocklands het ek 'n voŽltjie gehoor wat nie baie bekend geklink het nie, maar ek kon nie die voŽl opspoor om te sien wat dit was nie. Ek het my ook boeglam geskrik vir 'n Klein Grysmuishond wat reg voor my uit die bossies te voorskyn gekom het en ek weet nie wie die grootste geskrik het nie, maar die Klein Grysmuishond het soos blits weer terug gehardloop. Ek is kort daarna terug huistoe. Ek het net voor Durbanville nog twee Geelbekwoue gesien.

     

     
Blouvalk Kaapse Wewer mannetjie Geelbekeend
     
Swartkopreier HoŽveldse Skaapwagter Kaapse Kanarie
     
Geelbekwou Gewone Koester Dikbeklewerik
     
Rooikoplewerik Vleitinktinkie Gewone Tarentaal
     
Blou KraanvoŽl Swartkeelgeelwewer Kaapse Tiptol
     
Groot Waterhoender WitkruismuisvoŽl Kaapse Wewer kuiken
     
Witgatspreeu Kaapse Fisant SlanghalsvoŽl
     
Kaapse Wewer wyfie Kaapse Bontrokkie wyfie Suidelike Rooivink
     
Grootstreepswael Oranjekeelkalkoentjie Slangverklikker