12 September 2008    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ek en Ursula het vanoggend 'n blits besluit gemaak om deur te ry Weskus Nationale Park . Ek het my twee driekwart gelaaide batterye en 'n spaar 35mm-100mm kamera in my sak gegooi en 'n bottel koffie ingepak en ons het die pad aangepak.Oppad soontoe het ons so paar vinnige stoppe gemaak vir Geelbekwou en ek het 'n paar mooi fotos gekry van 'n paar besonder mak Oranjekeel kalkoentjies, langs die pad, net voor Darling. Ons moes eers ons familie Wildcard laar hernu in Langebaan, wat veroorsaak het dat ons taamlik laat by die noordelike hek van die reservaat in is. Ons het toe die park van die noordelike kant deurgery en is eers by Seeberg skuiling aan, maar die water voŽls was ver van die skuiling. Ons het darem 'n Swartvlerkkorhaan oppad na die skuiling toe in die lug gesien. Van daar af het ons 'n vinnige stop by die Geelbek skuiling gemaak, maar die water was reeds te hoog daar en ek het maar die paar voŽls langs die skuiling afgeneem. Daarna het ons 'n middagete by die Geelbekrestuarant gaan eet. Ons het so bietjie daar rondgestap, maar ek kon net 'n Bonthoutkapper sien, wat ek nog nie voorheen daar gesien het nie. Ons het toe toe by Abrahamskraal gestop, waar ons 'n Lepelaar gesien het asook die ander gewone watervoŽls. Vandaaraf het ons Postberg toe gery, maar eers by die uitkykpunt by die Lagoon gestop en daar het ons 'n paar Gewone Sterretjies asook Geelbeksterretjies onder op die strandjie gesien. 'n Klein entjie voor Postberg se hek, het ons 'n Pofadder gesien wat reg voor ons oor die pad geseil het en ons kon hoor hoe die Slangverklikkers klink toe hulle die slang gewaar. Ons het 'n paar Kopereende in die Postberg gebied op die klein dammetjie my die hek gesien, net binne die Postberg afgebakende gebied, maar teen die tyd was my kamera se battery gedaan en moes ek maar my kompak 35-100mm uithaal om te kyk of ek die Kopereende kon afneem. Die fotos is hieronder :-) Ons het ook 'n groot trop Elande gesien binne die Postberg gebied asook 'n Gemsbok en Springbokke. Die hoogtepunt vir die dag is toe ons 'n jong Swartkopreier gesien het wat 'n Slangverklikker uit 'n bos uit gepik het, maar die Slangverklikker het uit die Swartkopreier se bek ontsnap, maar alles het so vinnig gebeur dat ek te laat was om dit op 'n foto vas te lÍ, maar almal in die motor het dit darem gesien. Die reier, wat ek hieronder wys by die bos het lank daarna nog om die bos gestap en herhaaldelik lank gemik na voŽls wat binne die bos sit. Ongelukkig het die tyd ons ingehaal teen die einde van die dag en het ons nie die Postberg paaie heeltemal deurgery nie, maar ons mag dalk weer daar 'n draai gaan maak voor die einde van die maand wanneer die gedeelte van die reservaat vir die publiek gesluit word, want ek sal graag vroeŽr by die park wil wees om meer van die voŽls wat ek gewoonlik sien te gaan soek.

     

     
Witborskraai Oranjekeel Kalkoentjie Rooivlerkstreepkoppie
     
Kleinwulp Grysstrandkiewiet Groenpootruiter
     
Krombekstrandloper Karoo Langstertjie Kaapse Fisant
     
Kleinrooibandsuikerbekkie wyfie Kleinrooibandsuikerbekkie mannetjie Kaapse Tiptol
     
Huismossie wyfie Blouvalk Slangverklikker
     
Kransvalk Kransvalk Bont Elsie
     
Swartkopreier Geelbekwou Geelbekwou
     
Kaapse Slopeend Volstruis Gewone Sterretjie
     
Lepelaar Hartlausemeeu Swartrugmeeu
     
Kopereend wyfie Kopereend mannetjie Gewone Janfrederik
     
Geelbeksterretjie Bleshoender Bokmakierie
     
Kaapse Wewer Geelkanarie mannetjie Geelkanarie wyfie
     
Gemsbok Ploegskaar Skilpad Pofadder