20 September 2008    
Weskus Nationale Park  
   
 

Melissa het 'n tennis-toernooi vandag by die skool gehad en terwyl Ursula vir Melissa gaan ondersteun het, het ek vir Makayla vir die dag Weskus Nationale park toe gevat. Ons het so 8:30 by die reservaat aangekom. Die water was nog taamlik hoog toe ons by die Geelbek-skuiling aankom en ons het eers so bietjie in die omgewing van die Geelbek restaurant rond gestap. Ons het 'n Meitjie gehoor en na so bietjie se soek het Makayla die Meitjie opgespoor en na so 'n minuut van wys en verduidelik het ek hom ook gesien :-) Dit was my die eerste Meitjie wat ek in die reservaat gekry het en 'n maand terug sou dit vir my 'n lifer gewees het. Ek het my tweede Bosveldtjeriktik vir die Weskus Nationale Park ook daar vanoggend gesien. Oppad terug van Seeberg af na Geelbek se kant toe het ons Bergpatryse gesien en 'n Swartvlerkkorhaan gehoor roep. Na so entjie se stap deur 'n blommeveld, het ek die Swartvlerkkorhaan op 'n koppie opgespoor en afgeneem. Ek het 'n haas ook daar gesien. Abrahamskraal was ons volgende stop. 'n klompie Swartriethane het daar, onbewus van ons teenwoordigheid, rustig in die oopte geloop en kos soek. Vandaar is ons na Postberg toe om so entjie langs die see te gaan stap en middag ete te gaan geniet. Oppad terug na die uitgang van Postberg het ons 'n klompie Gebande Oewerswaels en Kransswaels gekry, wat op vlieŽnde insekte gevoed het. Ons het ook op 'n volstruis mannetjie afgekom wat gepronk het en na twee fotos, was my memory kaart vol. Terwyl ek besig was om die memory kaart om te ruil, skree Makayla. "Pappa, daar pronk hy nou bo op die wyfie!" Ek het my verkyker gegryp en gekyk en dit was ook so... Die volstruise was besig om te paar en dit lyk asof die mannetjie pronk terwyl hulle paar. Dit was vir my ook 'n eerste om te sien en het die dag vir my gemaak. Kort daarna is die mannetjie op 'n stywe draffie daar weg :-) Ek het darem twee swak fotos geneem van die paring. Dis snaaks hoe mens se batery of memorykaart altyd op sulke oomblike moet pap raak of vol raak. Ons het verder gery Tsaarsbank toe, waar ons twee Kuifkopduikers gesien het en Makayla darem weer so bietjie langs die see kon stap. Ons is van daaraf terug Geelbek toe, waar die water teen die tyd heelwat gesak het en al taamlik weg was van die skuiling. Daar was heelwat watervoŽls maar die son se strale het dit moeilik gemaak vir foto geleenthede. Van daar is ons huistoe.Makayla se hoogtepunt is die die stap op die strand en die pronkende volstruis mannetjie en die Meitjie wat sy vanoggend vir my so mooi uitgewys het, toe ek hom nie kon sien nie. Ek het niks lifers gekry nie, maar ek was baie tevrede om so paar van die plaaslike spesies te kon sien, wat ek nie met die vorige trippie kon sien of fotos kry nie. Die blomme is definitief minder, maar daar was nog steeds baie mooi blomme om te sien. Van die mooiste blomme, wat ek vandag gesien het, was suurvye wat in 'n boompie op gegroei het en die mooiste donker pienk blomme gehad het. Ons het Bergpatryse op verskeie pleke gesien. Daar was baie Blouvalkies reg deur die reservaat asook heelwat Geelbekwoue. Ek was ook bly om die leukustiese Afrikaanse Vleivalk, wat Trevor al 'n paar keer van tevore daar gesien, te sien. Die weer was ook lekker en ons albei het vandag so bietjie gebrand in die son en lekker moeg teen die einde van die dag.

     

     
Oranjekeelkalkoentjie Geelbekwou Meitjie mannetjie
     
Gewone mossie mannetjie Gewone mossie wyfie leukistiese Afrikaanse Vleivalk
     
Bokmakierie met parasiet Karoolangstertjie Blouvalk
     
Kleinrooibandsuikerbekkie Bergpatrys Rooivlerkstreepkoppie
     
Kaapse Wewer mannetjie Witkeel kanarie Swartvlerkkorhaan
     
Witborskraai Grysrugtinktinkie Skoorsteenvieer
     
Fiskaallaksman Slangverklikker Lelspreeu
     
Bleshoeder Swartriethaan Kleindobbertjie
     
Kaapse Fisant Kransswael Bandkeel Oewerswael
     
Witkruisvleivalk Kransvalk Kuifkopduiker
     
Krombekstrandloper Kleinwulp Bontelsie
     
Steenloper Grysstrandkiewiet Grysstrandkiewiet
     
Moerasruiter Volstruis mannetjie Vaalstrandkiewiet
     
Bontebok "Red-Sided Skink" Ploegskaar skilpad met parasiet