21 September 2008    
Durbanville  
   
 

Ek het vanoggend vir Melissa by die Sondagskool gaan optel en oppad huistoe vir so 10 minute langs die Durbanville se model vliegtuigveld gestop en sommer met die stopslag 'n paar Koningrooibekkies en Rooibeksysies gesien en afgeneem. Daar was ook 'n paar Witkeelswaels op daardie oomblik op die draad. Ek en Melissa het gekyk hoe mak die Witkeelswaels nou eintlik is en uit die kar geklim en reguit na hulle toe gestap. Hulle het bly sit totdat ons gaan stilstaan het sowat 3 meter van hulle af. Ons is toe huistoe en vanmiddag laat het ek vir Melissa en Makayla Rocklands plaas toe geneem omdat Melissa ook 'n Meitjie wil sien. Ons het een gehoor, maar hy het in 'n groot bos gesit en ons kon hom nie opspoor nie. Ons het ons uitstappie kort geknip toe ons om 'n bossie stap en 'n bees hom net so yskoud vir ons geskrik het soos ons vir hom. Met diť dat ek terug deins en die kinders uit sy pad kry het hy weggespring met 'n bulk van die skrik. Die ander beeste, wat 'n ent van daar af was het geantwoord op sy bulk en ek het besluit dat ons eerder later moet teruggaan wanneer hulle rustiger was. Ek het 'n ook 'n voŽltjie probeer opspoor wat ek gehoor het, wat ek nie oor seker was nie, maar kon nie die voeltjie duidelik sien nie. Dit gaan seker 'n Bosveldtjeriktik wees. Ons het het toe nog so bietjie daar gestaan en perde dophou, wat taamlik wild voorkom. Die kinders so paar veldblomme gepluk het suurings vir die pad en toe is ons huistoe :-)

     

     
Witkeelswael Rooibeksysie Vleitinktinkie
     
Koningrooibekkie mannetjie Koningrooibekkie wyfie Suidelike Rooivink
     
Kaapse Wewer Witpelikane WitkruismuisvoŽl