24 September 2008    
Westcoast National Park  
   
 

Ek is vanoggend alleen deur Weskus Nationale Park toe. Ek het so 6am by die huis weg en toe ek by die Nationale Park se hek aankom was dit baie mistig en reŽnerig en ek het besluit om so klein entjie aan te ry. So 5km verder sien ek toe 'n uil op 'n paal sit. Ek het gestop en die uil afgeneem en toe uit die motor geklim en deur die veld na die paal gestap waar hy sit. Dit het al harder begin reŽn en ek wou kyk hoe naby ek aan hom kon kom voordat dit te hard begin reŽn. Ek het so 6meter voor hom gaan sit en so paar fotos geneem en toe moes ek terugharloop kar toe voor die kamera te nat begin word. Ek is toe na Geelbekskuiling toe. Na 'n tydtjie het Trevor en Margaret en John en Greta en Sion en Tiana daar aangekom. Dit was lekker om uiteindelik vir Trevor te ontmoet. Ek het my verwonder aan Trevor wat al die voŽls in vlug een vir een opnoem en ek was bietjie verward met al die engelse voŽlname, maar dis verbasend hoe vinnig mens die name aanleer as mens die voŽls sien. Ek is toe na Postberg toe en daar het ek 'n baie lekker tyd gehad om die Bontebokke dop te hou wat soos honde met mekaar gespeel het en ook 'n baie besonderse oomblik gehad het toe ek 'n Vlakhaas, wat oor 'n veld gehardloop het, met my motor onderskep het en toe hy in sy spore langs die pad stop en ek die mooiste fotos van die Vlakhaas geneem. Ek voel natuurlik baie skuldig dat ek die dier so gesteur het en dis definitief nie reg van my gewees om dit te doen nie. Ek het ook 'n baie komiese oomblik beleef toe 'n Karoo Lewerik reg langs my kar gesit het en ek hom wou afneem. Ek wou die motor afsit en terwyl ek die kamera op die voŽltjie hou met my regterhand het ek voel-voel die sleutel probeer raakvat, maar druk toe perongeluk die ruitveŽr se skakelaar en die ruitveers gaan toe aan, wat toe natuurlik die Karoo Lewerik wegjaag. Ek is toe terug Geelbek toe om te kyk of ek nie beter geluk kon kry en dalk die Bontstrandloper kry nie. Danksy Trevor, wat ook vir die middagsessie daar was, het ek ook 'n Terekruiter en ook die meer gesogde Rooipootruiter gekry. Niemand kon ongelukkig die Bontstrandloper kry nie, maar dit is 'n goeie motiveering om nog trips te maak vir die res van die week.

   

     
Gevlekte Ooruil Gevlekte Ooruil Swartkopreier
     
Bontvisvanger Bloureier Groenpootruiter
     
Geelborsstrandkiewiet Krombekstrandloper Moerasruiter
     
Kemphaan Grysstrandkiewiet Terekruiter
     
Rooipootruiter Rooipootruiter Witpelikaan
     
SkoorsteenveŽr Grootsterretjie Dikkop
     
Gevlekte MuisvoŽl Karoo Lewerik Bokmakierie
     
Vlakhaas Vlakhaas Vlakhaas
     
Gewone Bontrokkie Fiskaal Laksman kleintjie Karoo Lewerik
     
Witborskraai Blouvalk kleintjies Slangverklikker
     
Grysrugtinktinkie Dikbeklewerik Blouvalk
     
Geelbekwou Steenloper Bergkwagga
     
Bontebok Eland Springbok