26 September 2008    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ek het vanoggend, ten spyte van 'n slegte verkoue, weer Weskus Nationale Park toe gegaan. Die weer was bewolk met reŽn en ek het maar gehoop vir die beste. Ek het so 10:00 se kant by die reservaat aangekom en is reguit Geelbek skuiling toe. Toe die gety begin inkom en die voŽls begin naderkom het aan die skuiling, het 'n Kransvalk opgedaag en hulle weer weg gejaag na die linkerkant van die skuiling. En toe haak my verkyker se band vas, beskadig toe die oogstuk toe die verkyker val. Dalk 'n teken dat ek 'n nuwe verkyker nodig het :-)) Ek het net 'n paar Kemphane gesien, wat ek persoonlik nie Woensdag daar gesien het nie. Ek het daar gebly tot die modderbank op die regterkant van die skuiling onder water was, wat so 11:40 se kant was en toe deur gery Seeberg toe. Daar het ek net Drietoonstrandlopers en Sterretjies gesien. Ek het so 'n kilometer gestap met die pad langs die parkeer area met die hoop dat ek dalk 'n Kaapse KapokvoŽl sou sien, maar ek het nie een gesien of gehoor nie. Daar was Geelbekwoue by die Bloekomboomstompe langs die huisie op die pad en ek het ook 'n paar Blouvalkies gesien wat gepaar het. Ek het toe gery en weer 'n Swarvlerkkorhaan op die Seeberg uitkykpunt se pad gekry. Ek is weer 4uur terug Geelbekskuiling toe, maar die gety was nog te hoog en ek het by Abrahamskraal tyd spandeer en gekyk of ek 'n ordentlike foto kon kry van 'n Swartriethaan, maar die sonlig was te skerp op die water. Dit was nie 'n blommekyk dag nie en die blomme is nou vinnig besig is om te verwelk en die haarwurms hang ook nie meer soos trosse aan die bome nie. Daar is nog baie ruspes en blomme, maar heelwat minder as 'n week of twee gelede. Net voor die hek van die reservaat het ek 'n ruk lank twee Blouvalke gesit en dophou wat twee Witborskraaie herhaaldelik geduikbom het. Maar die hoogtepunt van my dag was laat vanmiddag, naby Koeberg, toe ek langs 'n Witkruisvleivalk vir omtrent 'n kilometer gery het. Die Witkruisvleivalk het langs my kar gevlieg het, reg langs my motor se oopvenster, skaars 10m van my kar af! Dit was te naby om af te neem.

   

     
Kleinwulp Grysstrandkiewiet Kemphaan
     
Grys Strandkiewiet Grys Strandkiewiet Moerasruiter
     
Groenpootruiter Afrikaanse Vleivalk Kransvalk
     
Kleinwitreier Witborsduiker Reuse Sterretjie
     
Grysrugtinktinkie Bandkeelkleinjantjie Witkeelkanarie
     
Kleinrooibandsuikerbekkie Blouvalke Geelkanarie mannetjie
     
Fiskaal Laksman Reuse Sterretjie Gewone Sterretjie
     
Drietoonstrandloper WitkruismuisvoŽl Swartvlerkkorhaan
     
Slangverklikker Geelborsstrandkiewiet Kaapse Wewer
     
Swartriethaan Kaapse Tiptol Witkruisvleivalk