28 September 2008    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ons het Saterdagaand op kort uitnodiging by Rene in Yzerfontein gaan kuier en oorgeslaap. Ek was Sondagoggend vroeg op en was al 7uur voor die hek by die Weskus Nationale Park. Ek is reguit Geelbek toe om te gaan kyk hoe hoog die gety was. Die voŽls was redelik naby aan die skuiling, maar hulle het vinnig uitbeweeg saam met die gety. Ek het net 'n ringnekstrandkiewiet gesien wat ek nie die vorige keer gesien het nie. Daar was geen teken van enige raar spesies nie. Ek het toe vir Melissa, een van die dames van die Tygerberg voŽlklub daar gekry soos wat ek wou loop. Ek het toe bietjie by Seeberg in die veld gaan stap en die miggies het my behoorlik beetgekry. Ek is toe weer so 12:30 terug by die Geelbek voŽlskuiling en na so 10 minute het ek 'n siloette gesien van die Rooipootruiter. Ek kon nie die kleur uitmaak van die voŽl se bene nie en vir Melissa gevra om haar Scope so bietjie nader te trek en te kyk of sy die voŽl se bene se kleur kan uitmaak. Sy was omtrent bly toe sy die rooi bene sien. Ek is so 1:30pm daar weg oppad Velddrif toe om te gaan soek vir Klein Flamink vir 'n lifer. Oppad Velddrif toe het ek so kilometer voor die Stompneusbaai-afdraai op 'n "SKOUSPEL" afkom van Geelbekwoue en Swartrugmeeue wat soos aasvoŽls gesirkel het en vlieŽnde insekte uit die lug onderskep het. Die Geelbekwoue het die insekte met hulle pote gevang, wat beteken dat dit refelike groot moes wees. By Velddrif het ek soos Melissa voorspel het my lifer vir die dag gekry - 'n Klein Flamink. ek het ook Swartnekdobbertjies daar gesien en mooi fotos gekry van Bontvisvangers wat op die heining reg langs die pad gesit het. Ek het toe gesoek vir Rooibandstrandkiewiet, maar net 'n Strandloper gekry. Ek het toe maar teruggedraai en net buite Velddrif 'n PÍrelborsswael gesien. Ek het toe weer net na die Stompneusbaai afdraai weer gestop by die Geelbekwoue en Swartrugmeeue gesien wat nog steeds feesvier op die groot vlieŽnde insekte voer. Ek het toe weer so 4:30pm by die Weskus Nationale Park aangekom en is reguit Abrahamskraal toe om te kyk of ek nie iets interessants daar kon kry nie. Ek was nie terleugestel nie. Daar was twee Kopereende op die dammetjie en ek het daar gesit en hulle afneem toe 'n klein swerm van so 10 Europese vyevreters daar kom water drink. Net daarna het 'n gebande owerswael ook sy verkyning gemaak. Ek is daarnaa weer terug Yzerfontein toe, waar ek vir Ursula en die kinders gaan optel het wat die dag by die seesaam met hulle niggies deurgebring het.

   

     
Bergpatrys Groenpootruiter Ringnekstrandkiewiet
     
Kleinwulp Kemphaan Steenloper
     
Rooipoot Elsie Rooipootruiter SwartvlerkKorhaan
     
Grysrugtinktinkie Rooivlerkstreepkoppie Oranjekeelkalkoentjie
     
Kaapse Wewer Kaapse Tiptol Slangverklikker
     
Geelbekwou Swartrugmeeu Geelbekwou
     
Bontvisvanger Bontvisvanger Teeleende
     
Driebandstrandkiewiet Geelborsstrandkiewiet Kleinflamink
     
Kleinstrandloper Geelbekeend Vlakte Spekvreter
     
HoŽveldse Strandloper PÍrelborsswael Bleshoender
     
Kopereend mannetjie Kopereend wyfie Europese Byevreter
     
Lepelaar Kleindobbertjie Swartriethaan