30 September 2008    
Paarl  
   
 

Ek het vanoggend laterig besluit om deur te ry Paarl toe omdat ek taamlik lanklaas daar was. Ek is eers na die Paarl VoŽl reservaat en agtermiddag was ek na die Paarl Berg reservaat toe. Die Paarl voŽl reservaat was onder konstruksie en oral was groot konstruksie voertuie wat die panne skoon maak. Dit lyk asof hulle van plan is om nuwe pype te installeer. Ek het in die voŽlskuiling gaan sit en drie Nonnetjies eende daar gesien. Ek het toe op die oorkantste oewer gaan loop en daar het ek 3 Gewone nagreiers opgejaag. Ek het ook Dikkoppe en Gewone Ruiter daar gekry. Ek het toe taamlik baie tyd spandeer by die riete omdat ek 'n valerige voŽl in die riete sien inhardloop het. Die voŽl het net nou en dan uit die riete geloer en dan weer teruggevlug. Na 'n rukkie se stilstaan het hy uitgekom en die fotos het toe bevestig dat dit al die tyd 'n Grootwaterhoender kuiken is. Ek het 'n ding gesien wat vir my na 'n strik gelyk het. Dit is natuurlik opgestel deur kwaaddoeners van die lokasie langs die reservaat. Die polisie het ouens daar tussen die bosse vandag gejaag en mens vra jouself af hoe lank mens nog daar sal kan gaan voŽls kyk. Ek het beslis nie baie veilig gevoel nie. Ek is toe na die bergreservaat en daar het ek gaan soek vir 'n Witvlerkkanarie, maar die naaste wat ek aan 'n Witvlerkkanarie gesien het, was 'n Streepkopkanarie. Ek is toe huistoe, maar moes eers vir 15minute wag dat die insleepdienste 'n ou se 4X4 bakkie oor die steil wal terugtrek na die pad toe. Die man het glo op gekyk na die berg toe en toe hy weer sien was sy bakkie met die steilte af.

   

     
Bloubekeend Kaapse Slopeend mannetjie Kaapse Slopeend wyfie
     
Klein Dobbertjie Waterdikkop Koningriethaan
     
Bleshoender Gewone Ruiter Swartnekdobbertjie
     
Witborsduiker Witpelikaan Rooibekeend
     
Nonnetjies Eend Grootwaterhoender Grootwaterhoender - onvolwasse
     
Gewone Nagreier Dubbelbandstrandkiewiet Bontkiewiet
     
SlanghalsvoŽl Teeleend Nonnetjies eend
     
Fiskaal VlieŽvanger Grysrugtinktinkie Kaapse SuikervoŽl
     
Suikerbekkie onvolwasse Oranjeborssuikerbekkie Kaapse Flap
     
Streepkopkanarie Strik gestel dalk vir voŽls Waterskilpad