3 Oktober 2008    
Rondevlei  
   
 

Ek is vandag halfdag by die werk weg en toe reguit Rondevlei toe. Dit is my heel eerste besoek aan Rondevlei en ek was aangenaam verras oor die uitleg binne die reservaat. Ek het gaan kyk of ek die Reuse Reier kon kry, maar ek kon nie die Reier opspoor nie. Ek was darrem aangenaam verras net voor ek terug is motor toe, toe ek by een van die Varkblomme inloer en twee Aronskelk paddas daarin vind. Ek het ook twee vermoedelikke "Short legged Sep" gekry. Ek het darem vandag vir die tweede keer hierdie week 'n Gewone Nagreier gesien. Daar was ook heelwat GlansIbisse wat op 'n afstand verby gevlieg het. Ek het die kinders agtermiddag gevat vir 'n fliek en sal hulle saambring, wanneer ek more weer daar 'n draai gaan maak.

   

     
Karoolangstertjie Rooiborsduifie Kleindobbertjie
     
Bleshoender Witborsduiker Gewone nagreier
     
Glansibis SkoorsteenvieŽr SlanghalsvoŽl
     
Witpelikaan Veereier Kolgans
     
Bloureier Vleitinktinkie Swartkopreier
     
Aronskelk Padda Short Legged Sep Huiskraai