4 Oktober 2008    
Zeekoevlei-Rondevlei, Strandfontein Sewage-works en Kirstenbosch  
   
 

Ek en die kinders het vanoggend vroeg Rondevlei toe gegaan, terwyl Ursula by die huis gerus het met 'n slegte verkoue. Dit was Melissa en Makayla se eerste keer by Rondevlei en my tweede keer, na gister se eerste besoek. Ons was vanoggend 7:30 by Rondevlei toe die hekke oopmaak en ons het maar van skuiling na skuiling gegaan om te kyk wat daar te vinde was. Daar was, net soos gister, baie miggies en gelukkig het ons darem voorsorg getref teen die insekte en son. Daar was niks nuuts vir my nie maar Melissa en Makayla het albei so paar voŽls daar gesien wat hulle nog nie voorheen gesien het nie. Ek het vanoggend eers besef dat die Seekoeie se paadjies reg oor die wandel paadjies gaan, toe ons die vars seekoei voetspore langs die paadjie kry. Die seekoeie gebruik dit glo in die nag en gaan dan na die oorkant van die reservaat in die dag. Melissa wil nie weer soontoe gaan, toe sy die voetspore sien nie en ons is toe na die Strandfontein riool werke, waar die pad waaraan hulle onlangs nog gewerk het voltooi was en ons heel gerieflik tot by die hekke kon ry, sonder om deur sand te ry. Ons het nog nie die ingang bereik nie of ons sien die eerste lifers vir hulle en vir my! Op die linkerkant was 'n klompie Witrugeende, wat ek vir een of ander rede nog nooit kon kry nie. Daar was ook Kuifkopdobbertjies wat ook redelik naby aan die oewer was, sodat ek beter fotos van hulle ook kon kry. Ons is toe in by die hek. Dit was Melissa se eerste keer daar en sy het dit omtrent geniet, na die gedagte aan seekoeie wat haar so gepla het by Rondevlei. Ek het die oggend iets genoem van botaniese tuine en hulle het geneul om soontoe ook te gaan. Ons is toe Kirstenbosch toe teen so 12:00 se kant, nadat ons heelwat voŽls gesien het wat 'n Kopereend en GlansIbisse ingesluit het. Ons het toe bietjie piekniek by Kirstenbosch gaan hou en toe gekyk of ons 'n Gewone Willie kon opspoor. Nadat ek heen en weer voor 'n bos geloop het, het ek die voŽl opgepoor en die kinders nader geroep. Gelukkig het die Gewone Willie taamlik stil gesit en op 'n stadium het Melissa vir my gesÍ dat die voŽltjie dood is. Ek het gekyk en hy het aan die slaap geraak en toe vinnig uit sy middag slapie wakker geskrik, maar gelukkig bly sit totdat hulle genoeg fotos van hom kon neem. Ons het toe Skeleton Gordge uitgestap, maar niks regtig daar gesien nie, behalwe 'n Donker VlieŽvanger. Ons is so 4pm se kant weer terug by die kar en toe was dit weer huistoe. Ek is baie bly oor my een lifer vir die dag, afgesien van die feit dat ons maar min te siene gekry het by Kirstenbosch. Ursula het darem vanaand so bietjie beter gevoel. Die kinders was laas by Kirstenbosch toe hulle nog klein was en het dit baie daar geniet. Melissa het die baie voŽls by Standfontein net so geniet en hulle albei was baie bly dat hulle vanmiddag die Gewone Willie so mooi kon sien. Ek het 'n paar beste fotos vandag gekry van 'n paar spesies. Die hoogtepunt vir die dag was die lifers vir die dag en om weer 'n Aronskelkpadda vandag vir die tweede keer te sien asook die Swartkopreier wat ons vanmiddag gesien het, wat 'n klein slangetjie gevang het. Ons het ook op 'n "Cape Legless Skink" vanoggend afgekom by Rondevlei, wat dood op die paadjie gelÍ het. 'n VoŽl het hom vermoedelik beetgehad. Hy het reg langs die hoŽ uikyktoring naby die uitgang gelÍ en dit het vermoedelik uit 'n voŽl se bek geval, wat hom dalk daar bo op die uitkyk toring wou eet.

   
     
Swartkopreier Bloureier Geelbekreier
     
Kleinwitreier Gewone Nagreier Veereier
     
SlanghalsvoŽl Wilde Makou Swart Tobies
     
SkoorsteenvieŽr Hadeda Glansibis
     
Swartriethaan Grootwaterhoender Koningriethaan
     
Bleshoender Rietduiker Witborsduiker
     
Swartrugmeeu onvolwasse Swartrugmeeu Rooipootelsie
     
Witrugeend Rooibekeend Kopereend
     
"Cape Legless Skink" Kuifkopdobbertjie Kolganse onvolwasse
     
Grootstreepswael Witkeelswael Gewone Koester
     
Swartkopreier met slang Swartkopreier met slang Rooireier
     
Gewone Tortelduif Ploegskaar Skilpad AronskelkPadda
     
Gewone Willie Oranjeborssuikerbekkie Donker VlieŽvanger
     
Melissa Melissa en Makayla Melissa en Makayla op die Skeleton Gordge voetpad