5 Oktober 2008    
Kirstenbosch Botaniese Tuine  
   
 

Ek het besluit om vandag net lekker laat te slaap en net rustig my die huis te spandeer na gister se besige dag saam met die kinders. Vanoggend na oggendete het die kinders by my geneul om weer Kirstenbosh toe te gaan. Ursula se stem is nog weg van haar slegte verkoue en 'n dag in die son sou haar nie goedgedoen het nie en na so bietjie aansporing van Ursula, omdat dit die laaste skoolvakansie dag is vir die kinders, het ek besluit om in te gee, op voorwaarde dat ons nie vandag weer "Skeleton Gordge" uitstap nie :-) Ons het gou 'n piekniek sak gepak en toe in die pad geval. Ons het net na 10am daar aangekom. Dit was 'n heerlike warm oggend en ons het maar net rustig deur die tuin gestap en gestop as ons iets in die bome sien beweeg. Dit het maar sukkel sukkel gegaan, want die son was hoog en fotos neem teen die son is nie altyd so maklik nie. Gelukkig het ek so paar voŽls laat middag gekry wat darem opgemaak het vir die min voŽls deur die loop van die laat oggend en middag. Melissa het haar hoed vergeet en ek het my hoed vir haar gegee en ons het maar die roetes onder die bome verken. Ons het teen middagete 'n lekker koelteboom by die konsert gebied uigesoek en lekker daar ontspan, terwyl ons piekniek gehou het. Na 'n lekker piektiekete het ons nog so ruk lank daar onder die Koraalboom gelÍ. Ons het toe terug gestap hek se kant toe en toe die braille roete gestap, waar ons 'n rivier padda gesien het, wat weggehop het, voor ek my lens kon afgehaal het en die flash reg kry vir 'n foto. Ons het toe die westelike kant van die ingang deur gestap en toe huis toe gegaan. Die son het my lekker vandag beet gekry, maar dit was 'n lekker dag saam met die meisies. My hoogtepunt vir die dag is my nommer 300ste lifer in die vorm van 'n "Gestreepte Kanarie" of "Forrest Canary", wat ek vanoggend gekry het.

   
     
Kolgans Donker VlieŽvanger Gestreepte Kanarie
     
Dwergarend Olyflyster Withalskraai
     
Gewone Janfrederik Klein Rooiband Suikerbekkie Rooivlerkspreeu
     
Karoo Langstertjie Gewone Willie Kaapse Glasogie
     
Kaapse Tiptol Gewone Tarentaal Kaapse Kanarie
     
Melissa en Makayla hou die watervalletjie dop Melissa en Makayla koel af by die drink fonteintjie Makayla en Melissa vat 'n blaaskansie net voor huistoegaan tyd.