11 Oktober 2008    
Tanqua Karoo  
   
 

Ek het vanoggend David Hall, op uitnodiging, vergesel op 'n daguitstappie Tanqua Karoo toe. David probeer die gebied so paar keer per jaar besoek en daar was so paar spesies wat hy wou soek vir sy jaarlys. Ons wou ook kyk of ons die Swartoorlewerikke kon opspoor, wat op die oomblik in die gebied is. Die Karoo is pragtig groen en pers en dit was vir my lekker om die geure van die Karoo vanoggend te ervaar toe ek so deur die veld stap. Ons kon darem die Swartoorlewerikke opspoor, asook 'n paar ander goeie spesies vind, wat insluit, Groenbossangers, wat ons in klein groepies vanoggend by Eierkop gekry het, asook 'n Kaneelbossanger, wat David vir my by Skitterykloof uitgewys het. Ek kon darem 'n Namakwalangstertjie asook Vaalkorhaan hoor roep naby Karoopoort, maar hulle was bietjie ver weg en versteek en ek sal hopelik volgende keer die voŽls te sienne kry. Ons het ook Bleeksingvalk, Groot Rooivalk, FeevlieŽvanger, Kelkiewyn gekry wat lifers vir my is en David het ook die Karoo- en Woestyn-Spekvreter asook die Rooioorlangstertjie vir my uitgewys, wat almal lifers vir my is. Ek kon ook die Swartpiek en Bergwagter by my Weskaap "Lifer-list" voeg. Ongelukkig het ons geen Bloukopdrawwertjies vandag gesien nie, maar dit is definitief dan goeie rede vir 'n opvolg besoek. Die enigste reptiel wat ek gekry het was by Eierkop waar ek 'n "Western Rock Skink" gesien het. Ons het 'n groep van 6 Vaalribbokke naby Karoopoort gesien. Ek is bly dat ek die Tangua vir die eerste keer kon besoek saam met David, wat vir my al die nuwe voŽls uigewys het. Ek sien ontsettend uit na ons opvolgbesoek aan die gebied.

   
     
Kaapse Kanarie FeevlieŽvanger Bergwagter
     
Rooivlerkstreepkoppie Bleeksingvalk onvolwasse Slangverklikker
     
Karoo Langstertjie Dikbeklewerik Groenbossanger
     
Bokmakierie Grysruglewerik Grootrooivalk
     
Swartoorlewerik mannetjie Swartoorlewerik mannetjie Swartoorlewerik mannetjie
     
Karoolewerik Kelkiewyn Bleeksingvalk
     
Geelkanarie mannetjie Geelkanarie wyfie Witkeelkanarie
     
Kaapse Wewer Swartkeelgeelvink "Western Rock Skink"