18 Oktober 2008    
Daan Viljoen - 1ste besoek  
   
 

Ek is die week weer Windhoek toe vir werk en het voor die tyd beskuit dat ek Daan Viljoen reservaat sou gaan besoek as ek die geleentheid sou kry. Ek het Saterdagoggend skuins voor 7am klaar gemaak met werk en is reguit van die werksplek Daan Viljoen reservaat toe. In die reservaat het ek nie reguit na die dam toe gery nie, maar het die "ompad" wat 'n afdraai links van die teerpad is gery. Die grondpad is op sekery plekke baie ongelyk met steil opdraendes en afdraendes en ek sal nie aanraai dat mens die pad met jou gesinsvoertuig aandurf nie, alhoewel ek 'n toerbussie gesien het wat die roete gery het. Ek was redelik gelukkig om omtrent al die diere in die reservaat op die stukkie pad te sien. Ek het met die laaste afdraende, op die pad gestop om 'n "Western Rock Skink" af te neem op 'n rots langs 'n Sementdam en gesien dat daar taamlik baie voŽl aktiwiteit agter die sement dam plaasvind. Ek wou nie uit die motor klim nie en het besluit om eerder more oggend uit teklim en te kyk of ek al die saadeters daar sou kon afneem. Ek het het afgery na die Rondawels toe en het my eerste lifer vir die oggend daar gekry in die vorm van 'n Gevlekte Lyster. Ek het toe op gery na die Kiosk, met die hoop om iets te kry om te eet, maar die Kiosk is net oop gedurende oggendetensure en middagete ure. Oppad na die Kiosk toe het ek my 2de lifer vir die oggend gekry nags die dam - 'n Grootlangtoon! Ek is toe weer af na die rondawels, waar ek so 11am uiteindelik my eerste ooievare gesien het - Grootswartooievaar! Hulle het agter 'n bult verdwyn en toe ek wag dat hulle op die anderkant van die bult uitkom het my mond amper oopgehang, want in plaas van Grootswartooievare, het 'n WitrugaasvoŽl sy verskyning gemaak! Ek het ook vandag my eerste Sabota Lewerik vandag gesien asook my eerste Rooikopvinke. Ek het ook 'n onvolwasse Groot VlieŽvanger gesien, wat ook 'n lifer is. Ek is so 12uur se kant die middag weer terug Windhoek toe om my slaap te gaan inhaal en middagete te gaan kry. Ek was baie bly dat ek vandag Daan Viljoen toe is en het besluit om weer more 'n draai te maak om te kyk of ek nog so paar spesies kon byvoeg, want ek sou so bietjie vroeŽr by die dam wou wees. Die hoogtepunt vir die dag vir my was die twee Grootlangtone wat ek langs die dam vanoggend gesien het. Dit was iets wat ek nie verwag het om te sien nie. Ek is ook altyd baie bly om aasvoŽls te sien en die WitrugaasvoŽl was vir my ook 'n groot verrassing, alhoewel dit nie 'n lifer is nie, was dit my eerste aasvoŽl vir Namibia. Ek het die Blouwildebeesbul wat in die grondpad vanoggend gelÍ het en toe voor my voertuig kom staan het asof hy tolgeld soek baie geniet!

   
     
Monteirose NeushoringvoŽl Grootlangtoon Grootlangtoon
     
Gevlekte Lyster WitrugaasvoŽl Bosveldtjeriktik
     
Groot Vlieevanger onvolwasse Gewone Spekvreter Korttoonlyster
     
Mikstertbyvreter Witkruiswindswael Kopereend
     
Bergwagter onvolwasse Bergwagter Namakwaduifie
     
Rooibekeend Kolgans Bleshoender
     
Grootwaterhoender Koningblousysie Grootstreepswael
     
Groot Swartooievaar Rooijakkals Vlakvark
     
Kameelperd Rooihartbees Gemsbok
     
Bergkwagga Blouwildebeesbul "Western Rock Skink"