19 Oktober 2008    
Namibia-Windhoek-Daan Viljoen - 2de besoek  
   
 

Ek is vroeg vanoggend weer Daan Viljoen reservaat toe. Ek het nie gister die staproete gestap nie en wou vanoggend die staproete aanpak voor dit te warm was, maar ongelukkig het ek te lank gedraai met die afneem van die kleiner voŽls vroeŽr vanoggend. Ek het die staproete aangepak van die Swembad se kant af so 10:30 se kant wat beteken het dat ek die bult moes uitloop. Daar was Bobejane en Blouwildebeeste wat my van net anderkant 'n droŽ rivierloop gestaan en dophou het met geen heinings tussen in nie. Ek het weer die Grootswartooievaars gesien, soos wat hulle stadig op en op gesirkel het tot hulle later so hoog was dat hulle skaars met die blote oog gesien kon word. Ek het vanoggend baie tyd spandeer om beter fotos van die kleiner voŽls te kry, soos hulle kom water drink by 'n watertenk wat gelek het. Ek het vanoggend mooi fotos gekry van die Rooikopvink wat ek gister bygekry het as 'n lifer. Ek het 'n Koedoe vanmiddag gesien wat stadig agter mekaar gestap het op 'n rif van 'n koppie . Ek het ook vandag beter fotos gekry van die ArkasiaGrysmees. Die hoogtepunt vir die dag was die baie klein voŽls wat ek vanoggend gesien het, wat insluit al die Streepkoppies wat mens in die gebied kan kry asook die mooi koningblousysie en Rooikopvinke. Ek was bly om 'n paar fotos te kon kry van die Sabota Lewerik.

   
     
Monteirose NeushoringvoŽl Afrikaanse Hoephoep Rooibekfisant
     
Sabota Lewerik Sabota Lewerik Sabota Lewerik
     
Swartkeelgeelvink wyfie Swartkeelgeelvink mannetjie Kleinglansspreeu
     
Vaalstreepkoppie Vaalstreepkoppie Gewone Spekvreter
     
Swartwangsysie Rooikopvink Bosveldstompstert
     
Koningblousysie mannetjie Koningblousysie wyfie Koningblousysie mannetjie
     
Kransswael Witkruiswindswael Palmwindswael
     
Grootstreepswael Kleinwindswael Grootswartooievaar
     
Rooibekkwelea Rooibekkwelea Marico VlieŽvanger
     
Klipstreepkoppie Rooirugstreepkoppie Rooivlerkstreepkoppie
     
Bergkanarie Bergkanarie Priritbosbontrokkie
     
Akasiagrysmees Swaelstertbyvreter Gryskopmossie
     
Korttoonkliplyster Gevlekte Lyster KoringvoŽl
     
Kleindobbertjie Witborsduiker Grootlangtoon
     
Grysloerie Baardmannetjie Rooiborslaksman
     
Kransduif Gewone Tortelduif Namakwaduif
     
Koedoe Gemsbok Bobbejaan