21 Oktober 2008    
Namibia-Windhoek-Avisdam  
   
Avisdam gesien vanaf die NBC toring
 

Ek het vanoggend so 6am se kant, voor werk, die Avisdam besoek, met die doel om te kyk of ek weer 'n RotsvoŽl kon opspoor en hopelik ook dalk ook my eerste Kalahari Patrys kon sien. Ongelukkig kon ek geen Patryse of Fisante opspoor nie, maar ek het darem weer RotsvoŽls gesien. Ek het vanoggend vroeg ook so paar water voŽls gesien en darem ook so paar fotos geneem in die swak oggend lig, omdat die son nog agter die koppie langs die dam was. Ek het die koppie langs die Avisdam uitgeklim en toe eers 'n foto probeer neem van 'n Muiskleurwindswael. Dit was my lifer vir die oggend. Hopelik is ek reg ... Ek het so bietjie gesukkel om weer 'n veilige pad terug te kry van die kruin van die koppie af ondertoe. Volgens my kolegas is dit niks snaaks om te sukkel om jou pad terug te kry van die koppie af nie. Die probleem is dat daar baie paadjies tussen die rotse is om teen die koppie op te loop, maar dis nie so maklik om van bo af veilige paadjies te kry wat ondertoe lei nie. Dis altyd 'n hoogtepunt om 'n RotsvoŽl te sien, maar die hoogtepunt vir die oggend was die Windswaels vanoggend toe ek op die koppie gesit het en RotsvoŽls probeer opspoor het. Van die windswaels het so naby aan my verby gevlieg, dat ek die wind van een se vlerke teen my gesig kon voel. Ek was bly om darem een of twee fotos van die windswaels te neem wat duidelik genoeg is vir positiese identifikasie.

   
     
KoringvoŽl Witpelikaan onvolwasse Swartkeelgeelvink mannetjie
     
Kemphaan Geelborsstrandkiewiet Bosruiter
     
Woestynklopkloppie Swartbandlangstertjie Bergwagter
     
RotsvoŽl Muiskleurwindswael Palmwindswael
     
Klipstreepkoppie Priritbosbontrokkie Dassie