22 Oktober 2008    
Namibia-Windhoek - NBC toring  
   
 

Ek het vanmiddag saam met 'n werks kolega besoek afgelÍ aan die NBC toring in Windhoek, vir werkdoeleindes. Ek het my kamera saamgevat vir die wus en die onwus. Groot was my verbasing toe ek 'n korhaan reg langs die kronkelende opdraende van die heuwel sien staan in die hitte van die dag. Dit was 'n boskorhaan. Oppad af met die bult het ek 'n groter verrassing gekry toe ek twee Groot Jagarende in die koelte van 'n bos sien sit. Ek het 'n paar fotos geneem en toe verder gery. Toe ons amper op die onderkant van die bult kom het die twee voŽls tot my geluk besluit om die agtermiddag windstrome te gebruik om af te koel en kon ek 'n enkele duidelike vlug foto ook kry. Party dae is die geluk net aan jou kant :-)

   
     
Boskorhaan Groot Jagarend Gewone Spekvreter