23 Oktober 2008    
Namibia-- plaas 20km Noord van Windhoek  
   
 

Ek het vanoggend saam met Raik, een van my kolegas in Namibia, so bietjie tyd afgevat en Raik het vir my die plaas gaan wys waar sy perde bly en waar hy perd ry oor naweke. Die plaas is om en by 20km noord van Windhoek. Ons het eers die dam op die plaas besoek en toe die 4x4 roete gery wat 800m hoŽr is as die dam. Die roete bied asemrowende uitsigte oor die dam asook oor Windhoek in die verte. By die dam het ek my eerste GrysrugkwÍkwÍvoŽls gesien en om die eerste draai oppad op met die 4x4 roete het ek my eerste WitborsjakkalsvoŽls gesien. Ons het bo op een van die kruine gestaan en terwyl ek so paar natuur fotos neem het 'n Koedoebul my gesien en in tipiese "slow motion" aksie weggehardloop. Dis my hoogtepunt gewees om te sien hoe die Koedoe hardloop. Dit voel soos oŽ verblindery, want dit lyk kompleet of die dier in stadige aksie hardloop! Toe ons die baie strawwe 4x4 roete klaar gery het, het ons in 'n droŽ rivierloop terug gery plaashuis toe en het ek my eerste Damara RooineushoringvoŽl gesien. Dit was 'n heerlike koel oggend en vanoggend het Windhoek sy eerse bietjie reen gesien - Ongelukkig was dit net 'n paar druppeltjies, maar dit was die eerste bietjie reŽn vir die somer en hopelik volg die reŽn waarvoor die Namibieers wag spoedig. Vir my was dit 'n baie lekker oggend en die asemrowende uitsig was vir my die hoogtepunt vir die dag. Natuurlik is ek ook bly en dankbaar vir al die lifers ook vandag :-)

   
     
Gewone Spekvreter GrysrugkwÍkwÍvoŽl WitborsjakkalsvoŽl
     
Bosveldtjeriktik Korttoonkliplyster Sabota Lewerik
     
Korttoonkliplyster Nicholsonse Koester Nicholsonse Koester
     
Namakwaduifie Damara RooineushoringvoŽl GrysneushoringvoŽl
     
Klipspringer Koedoebul "Western Rock Skink"