26 Oktober 2008    
Paarl VoŽl reservaat  
   
 

Ek en Makayla is laat vanoggend "Paarl Riool werke" toe. Daar was redelik baie voŽls hier opgemerk, terwyl ek in Namibia was en ek wou kyk of ons tenminste een van diť spesies kon sien. By die skuiling "met die sandstrandjie" het ons twee ouens gekry wat vertel het dat hulle 'n Witborsduifie naby die piekniek area gehoor en ook gesien het. Ons het darem die Gevlekte eend by die skuiling gesien en afgeneem. Ek eers 'n draai gery deur die hele area om te soek vir die Swartkopmeeu, maar sonder enige geluk en toe weer langs die Piekniek area stilgehou. Ons het 'n sanger gehoor wat baie luidrugtig vanuit 'n boom gesing het. Hy het sonder ophou gesing en onderandere kanaries nageboots. Ek het hom probeer nader lok met my "Langstertjie roep" en dit het gewerk! Die sanger het nader gevlieg en in 'n boom so 3 bome nader aan ons kom sit. Ek het so paar fotos gekry en dit wil voorkom of dit dalk my tweede lifer vir die oggend kon wees. Ek vermoed dit is 'n Kleinrietsanger. Dit was maar 'n vinnige uitstappie en die dag was reeds baie warm toe ons daar weg is. Dit is altyd lekker om met lifers en fotos huis toe te gaan! Makayla het die Gewone Ruiter en die Dikbek Kanaries baie geniet wat sy reg langs die motor kon afneem.

   
     
Kaapse Slopeend kuiken Kaapse Slopeend Bruineend
     
Gewone Ruiter Rooibekeend Witpelikaan
     
Kleindobbertjie Gevlekte Eend Gevlekte Eend
     
Kleinrietsanger Kleinrietsanger Kleinrietsanger
     
Bontkiewiet onvolwasse Dikbekkanarie Kaapse Kanarie
     
Rooibekseisies Fiskaal VlieŽvanger Jangroentjie mannetjie
     
Gewone Kwikkie Hartlaubse meeu Gryskopmeeu
     
Grootwaterhoender Teeleend Bleshoender