"http://c45.statcounter.com/3665475/0/54575e8e/0/" alt="free hit counter code" >

1 November 2008    
Weskus Nationale Park  
   
 

Ons sou die naweek Hermanus toe gegaan het, maar die idee het gisteraand vervaag met die moontlikheid van reŽn die naweek en toe Johnson vanoggend so kwart voor sewe se kant aan ons voordeur klop om die gras te sny was my oggend se voŽls-kyk ook daarmee heen. Melissa was uit saam met Tasja en Ursula en Makayla het Ma-en-dogter goedjies gedoen en ek het so deur die loop van die oggend begin dink om dalk Weskus toe te ry en solank gekyk hoe laat laagwater was en so 11uur se kant, met so bietjie aanmoediging van Ursula, het ek besluit om deur te ry Weskus Nationale park toe. Net buite Durbanville het ek 'n Witkeelswael gesien en afgeneem. Ek het net na Koeberg ook gestop om 'n Kleinwitreier, jong Bloureier en 'n PÍrelborsswael, langs 'n poeletjie water af te neem. Ek het die geklop van 'n Speg gehoor, kort na ek by die Geelbekskuiling gestop het en die Kardinaalspeg opgespoor en afgeneem. Dit was my eerste speg vir my liferlist! Dit is een van daardie voŽls waarvoor ek al baie gesoek het, maar altyd op verkeerde plekke. Ek het die voŽls wat nog naby die Geelbek skuiling was afgeneem en toe na die restuarant se kant toe gery. Ek het nog 'n Kardinaalspeg in die bome voor die parkeer area by die resturant ook gekry en vandaar af Abrahamskraal toe gery, waar ek weer 'n Swartriethaan gesien het. Ek is met die stoot van die gety terug na die Geelbekskuiling, waar ek vir Trevor en Margaret weer raakgeloop het, wat op daardie oomblik ook net daar gestop het. Ek kon darem nog 'n lifer in die vorm van 'n Grootwulp hier kry. Ek is vandaar af huis toe, maar net buite die reservaat se hek het ek my eerste BuinjakkalsvoŽl vir die seisoen gekry.My dag se hoogtepunt is die Kardinaalspeg en die Grootwulp as lifer en dit was lekker om weer BruinjakkalsvoŽls te sien en 'n foto te kry van my eerste een vir die seisoen. Ek het drie BruijakkalsvoŽls altesaam oppad Durbanville toe gesien. Dit was 'n relatiewe kort uitstappie, maar my tydsberekening met die getye by Geelbek was vir 'n verandering "spot-on" en dit help darem met die tyd tot 'n mens se beskikking om voŽls te kyk. Dis darem altyd lekkerder om met so paar lifers terug te keer huistoe :-)

   
     
Witkeelswael net buite Durbanville Kleinwitreier naby Koeberg Bontkietwiet naby Koeberg
     
PÍrelborsswael naby Koeberg Bloureier onvolwasse naby Koeberg Bontkietwiet onvolwasse naby Koeberg
     
Kardinaalspeg Kardinaalspeg Kardinaalspeg
     
Geelborsstrandkiewiet Gewone Kwikkie Groenpootruiter
     
Steenloper Moerasruiter Drietoonstrandloper
     
Grysstrandkiewiet Kleiwulp Grootwulp
     
Krombekstrandloper Groenpootruiter Ringnekstrandkiewiet
     
Kransduif Bleshoender Swartriethaan
     
Kransduif Swartkopreier kuikens Kaapse Tiptol
     
Kaapse Wewer wyfie Namakwaduifie Geelbekwou
     
Blouvalk BruinjakkalsvoŽl Kleingrysmuishond