16 November 2008    
Durbanville  
   
 

Ek en Melissa het vanoggend vir 'n vinnige blaaskansie van die boeke en die eksamen 'n draaitjie gaan ry. Ons het gery tot by Klipheuwel en toe 'n draai by Rocklands gemaak en weer terug huistoe. Ek het weer twee Europese swaels gesien en ek was weer te laat vir my eerste fotos van die seisoen. Die hoogtepunt van die uitstappie was 'n valk wat ons gelukkig van 'n afstand raak gesien het wat 'n klein voŽltjie deur die lug afterna gesit het. Die valk, wat gelyk het soos 'n kransvalk was baie kort op die hakke van die voŽltjie en die twee het na ons toe gevlieg. Dit sou omtrent 'n skouspel gewees het as die valk die voŽl kon inhaal en voor ons kon vang. Ongelukkig vir ons het die valk die voŽltjie uit die oog verloor toe hulle naby 'n klomp bome verby vlieg en die valk en die voŽltjie is verby ons sonder dat ons kon sien wie wen. En dan is dit mos nou daardie tyd van jaar om jong voŽls uit te ken en waarmee ek maar nog baie mee sukkel. Ek sal maar eerder vir Trevor wag om dit vir my te identifiseer.

   
     
BloukraanvoŽl Kolgans HoŽveldseskaapwagter
     
Kransduif Koningrooibekkie mannetjie Wilde Makou
     
Europese Byevreter SkoorsteenvieŽr Bokmakierie
     
Grysrugtinktinkie Grysrugtinktinkie Vleitinktinkie
     
Geelkanarie onvolwasse Geelkanarie onvolwasse Gewone Bontrokkie wyfie
     
Kaapse Wewer Kaapse Kanarie Kaapse Kanarie onvolwasse
     
Swartrugmeeu RooiborsjakkalsvoŽl Waterskilpad