22 November 2008    
Velddrif & Weskus Nationale Park  
   
 

Melissa se eksamens is uiteindelik verby en so ook amper weer nog 'n skooljaar! Ek was baie bly dat ons vandag as 'n gesin saam Weskus toe kon gaan, voor my Europese reis, wat vir my voorlÍ oor 'n week of wat. Ons is vanoggend almal vroeg uit die vere en teen 06:30 was ons voor die Weskus Nationale Park se hek. Ongelukkig het die Weskus Nationale Park se somertye verander van 06:30 na 07:00. Ek het Vrydagaand die gety tafel afgeskryf, maar perongeluk "Saterdag 1 November 2008" se getye afgeskryf en dit het gelei tot 'n paar snaakse besluite vandag... :-) Om 'n lang storie kort te maak het ons Velddrif toe gery, in plaas van om gebruik te maak van die laagwater die oggend by Geelbek, omdat ek onder die indruk was dat dit hoogwater was. Die oggend was baie mistig en daar was selfs 'n ligte motreŽntjie by tye. By Velddrif was ek nie 100% seker waar Rocher Pan was nie en ons het maar by die enigste Birdhide, wat ek van weet, gaan sit. Ek het dit baie snaaks gevind dat die getye so laag was, wat natuurlik was as gevolg van my verkeerde getytafel :-) Ons het darem 'n Grootwulp daar gesien. Ek het toe by die Soutpanne gaan stop en ons het net 'n vinnige draai daar gestap. Die kinders het dit baie snaaks gevind om op die harde sout rond te loop. Ons het darem 'n Swartrugmeeu met kuikens op 'n nes hier gesien. Die Swartrugmeeu het ons geduikbom, omdat ons te naby aan haar nes gekom het. Ek het eers gedink dis Melissa was wat so gil, maar toe agtergekom dat dit eintlik die meeu is wat skree, die oomblik dat dit agter ons is met sy duikslag. Dit het selfs aan Melissa se hare geraak met een van sy duikslae! En toe mis dit ook nog op Melissa se skouer. Ons is toe weer terug Weskus Nationale Park toe. Net buite Velddrif het ons gestop om te kyk na Perlborsswaels en Bandkeelswaels. By die Weskus aangekom het ek verwag dat die gety al lank besig was om te sak, terwyl dit inderwaarheid besig was om te styg. Ursula het my solank by die Geelbek skuiling afgelaai, terwyl sy en die meisies na die Geelbek restuarant is om 'n draai te loop. By die Geelbekskuiling aangekom het ek onmiddelik 'n Visvalk opgemerk, wat besig was om vis te soek. Ek het net gaan sit toe die Visvalk reg voor my met 'n harde slag in die water in duik en 'n vis vang! Dit was ongelooflik om dit te sien gebeur en die kanse dat ek dit ooit weer so naby aan my sal sien gebeur sal baie skaars wees! Dit het my minute geneem om vas te stel dat die water eintlik besig was om te styg en nie te sak nie. Ek het 'n strandloper toe net buite die skuiling opgemerk wat nie soos die gewone Krombekstrandlopers lyk wat ek gewoond is nie en so paar fotos geneem. Ons is toe Abrahamskraal toe, waar ons net die gewone spesies gesien het. Ons is vandaaraf terug Geelbek restaurant toe, waar ons 'n lekker lang middag ete geniet het en so bietjie gerus het na die oggend se rondry. Ons is toe weer terug Geelbek skuiling toe. Ek kon darem vir die kinders die Kardinaal Speg wys wat baie aktief daar was by die parkeerarea van die Geelbek skuiling. Ons is toe weer terug na die Geelbek skuiling, maar die water was nog te hoog. Ursula het die skuiling en die uitsig oor die Lagoon baie geniet. Makayla het het begin koud kry en Ursula en die kinders is weer terug om na die Kardinaal Speg te gaan kyk en so bietjie by die Geelbek geskenkewinkel te gaan rondloop, waar dit darem lekker warm was. Ilse en Cornť, wat reg langs ons bly in Durbanville, het ook toe toevallig daar by die skuiling aangekom. Hulle was glo die oggend ook by die skuiling saam met 'n paar gesoute voŽlkykers, maar was nie bewus dat enige iemand die BreŽbekstrandloper die oggend daar gekry het nie. Ons het darem weer die Rooipootruiter gesien, wat ek dink ongetwyfeld hulle hoogtepunt vir die dag moes wees. Ons het lank deur die voŽls gekyk wat kom sit het, maar niks gesien wat ek met my amateur oog kon sien wat buite die normale was nie. My persoonlike hoogtepunt vir die dag is ongetwyfeld die Visvalk wat die vis reg voor my gevang het. Dit wys jou dat die voŽlskuilings ook 'n handige doel het gedurende hoogwater ook en daarvoor was ek baie bly dat ek verkeerde gety tydtafel vandag gehad het :-) Die kinders het die diere die meeste geniet en as my uitkenning korrek is het ons twee verskillende tipes bokke oppad Velddrif toe gekry asook 'n Duinemol. Ons het ook 'n baie ou skilpad op die Abrahamskraalpad gekry en baie skilpaaie op die teerpad in die Weskus Nationale park. Ons was nie by Seeberg skuiling nie, maar die Visvalk en die Rooipootruiter het darem opgemaak daarvoor!

   
 
     
RooiborsjakkalsvoŽl onvolwasse Blouvalk BruinjakkalsvoŽl onvolwasse
     
Geelbekwou Swartkopreier Bloureier
     
Grysstrandkiewiet wyfie Grysstrandkiewiet mannetjie Kleinwitreier
     
Grootwulp Kleinwulp Rooipootelsie
     
Swartnekdobbertjie Bontvisvanger Bontkiewiet
     
Groot Swartrugmeeu met kuikens Witkeelswael PÍrelborsswael
     
Hartlaubse meeu Reuse Sterretjie Witborsduiker
     
Visvalk Visvalk Visarend
     
Drietoonstrandloper Krombekstrandloper Kleinstrandloper
     
Groenpootruiter Moerasruiter Kemphaan
     
Namakwaduifie Grootbandduif Kransduif
     
Kaapse Tiptol Lepelaar Bleshoender
     
Karoolangstertjie Kardinaalspeg Geelborsstrandkiewiet
   
Rooipootruiter Rooipootruiter Rooipootruiter
     
Steenloper Gewone Ringnekstrandkiewiet Vleitinktinkie
     
Volstruis Duiker Steenbok
     
Duinemol Ploegskaarskilpad (oud) Ploegskaarskilpad